Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Kaapstad-karnaval: Khoi-mondboog lui vieringe in

Vanjaar sal die rotstekeninge wat in die Blombos-grot aan die Suid-Kaapse kus gevind is weer in die kollig geplaas word by die Kaapstad-karnaval.

Glen Arendse van Khoi Khonnexion het vanjaar die eer om die jaarlikse makietie met die inheemse Khoi-mondboog te open.

Glen Arendse sê die Kaapstad-karnaval help dat die Khoi- en San-gemeenskap meer sigbaar gemaak word.

Die Kaapstad-karnaval, wat sang, dans en kuns gebruik om Suid-Afrika se kulture op ’n buitengewone manier uit te beeld, vind vanjaar op 21 Maart op die Lekkerlooproete in Groenpunt plaas. Vanjaar se tema is “Ongelooflike reis: Klanke van Suid-Afrika”.

Arendse, een van drie musikante uit die befaamde Khoi Khonnexion-groep, maak gebruik van ’n verskeidenheid inheemse en kontemporêre instrumente, waaronder slagwerk, handtromme, skudkokers, ratels, die mbira, fluit, fluitjie, kitaar en ander materiaal om musiek te maak.

“ ’n Deel van my missie is om aandag te gee aan die ryk erfenis van ons eerste mense,” sê Arendse. “Die mondboog is byvoorbeeld ’n manier om die verbeelding, gedagtes en gevoelens op te wek rondom hoe instinktief talentvol en begaaf die San en Khoi-Khoi was en is.”

Arendse oefen al ’n paar maande vir die karnaval en langs die pad het nuwe insigte en idees tot nuwe komposisies gelei. “Dit is die skoonheid van karnaval – om vreugde en eenheid deur kreatiwiteit aan te steek,” sê hy.

Arendse, saam met sy groep, het pas ’n twee jaar lange toer deur vier Duitse stede en Zürich in Switserland voltooi met die produksie House of Falling Bones.

“My kuns en dié van ons groep het ons in staat gestel om ’n dieper vlak van kommunikasie en, die belangrikste, ’n gevoel van trots in ons inheemse en eerste nasie-identiteit aan te wakker. Dit gaan daaroor om die sigbaarheid van tradisionele en kulturele simbole en artefakte van die Khoi-Khoi en Boesman te verhoog.”

Arendse sê die karnaval bied die geleentheid om “in te lei wat die eland verteenwoordig.” Die eland word deur die Khoi-San as ’n geesdier beskou en hulle het geglo dat hy spesiale kragte het wat gehelp het om die geesteswêreld te bereik.

“ ’n Opvoering by die Kaapstad-karnaval beteken dat die groter Khoi-Khoi-gemeenskap meer sigbaar gemaak word en beter verteenwoordig word – kultureel en sinvol. Dit kan die aandag op die gewete vestig en praktiese reaksies op kwessies onder die belangegroepe Khoi-Khoi en San inspireer. Dit gaan daaroor om ’n pad vorentoe, vir ’n toekoms vir almal, met waardigheid uit te stip.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.