Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Kaapstad Karnaval skitter soos kristal

Alles wat blink en skitter soos kristal! Dit is wat Kapenaars dié jaar te wagte kan wees op die Kaapstad Karnaval, wat eersdaags gehou word.

Dan Plato en Rachel Jafta poseer saam met karnavalgangers in kostuums 50 dae voor die Kaapstad Karnaval. Foto: Jaco Marais

Meer as 2 000 karnavalgangers sal vanjaar die lekkerlooproete van 1,2 km in Groenpunt geniet. Meer as 50 energieke en talentvolle groepe kunstenaars sal hul skouspelagtige sierwaens, reuse-poppe en buitensporige kostuums op die karnaval ten toon stel.

“Hierdie jaar se tema is ‘Vuka Ukhanye: Arise and Shine’,” sê Jay Douwes, uitvoerende hoof van die Kaapstad Karnaval.

Douwes en Dan Plato, uitvoerende burgemeester van die Kaapstad-metro, het Woensdag opgewonde gepraat oor die karnaval wat dié jaar op 16 Maart plaasvind.

Rachel Jafta poseer saam met karnavalgangers in kostuums. Foto: Jaco Marais

Dunisan Chabala, adjunkdirekteur van die departement van kuns en kultuur, sê die Kaapstad Karnaval is ’n geleentheid vir Suid-Afrikaners van alle ouderdomme om met die kunste te kan omgaan.

“Dit weerspieël diversiteit terwyl dit tegelykertyd samehorigheid en eenheid aanmoedig,” sê Chabala.

’n Danser en karnavalganger op ’n geleentheid 50 dae voor die karnaval. Foto: Jaco Marais

Brad Baard, kreatiewe hoof van die karnaval, sê die sosiale en kulturele karakter van Kaapstad word lewendig tydens die karnaval. “Dit skep sosiale interaksie tussen alle Kapenaars en skep ’n geleentheid om aan mekaar erkenning te gee. Kaapstad se gees moet nie onderskat word nie – dit is deel van ons samelewing,” sê Baard.

Rachel Jafta, voorsitter van die Kaapstad Karnavaltrust en een van die stigters van die karnaval, sê dit is ’n manier om mense bymekaar te bring. “Dit is ’n buitengewone visuele en kreatiewe fees, en ’n plek om aan verskeie kreatiewe vaardighede blootgestel te word.”

Die borge van 2019 se Kaapstad Karnaval is MultiChoice, die Kaapstad-metro, die departement van kuns en kultuur, die Nasionale Loterykommissie, Kfm, die Wes-Kaapse regering, Tsogo Sun, Media24, Wes-Kaapse Toerisme, Wes-Kaapse handelsbevorderingsagentskap (Wesgro), Besigheid en Kuns Suid-Afrika (Basa), Peninsula Beverages en Gearhouse.

Meer oor:  Kaapstad Karnaval  |  Dan Plato
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.