Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Kaapstad karnaval vier fees aanlyn

Die Kaapstad Karnaval het Saterdag sy jaarlikse feesviering op Zoom aangebied en 2 202 deelnemers en werkers van regoor die Kaapse Skiereiland is vereer.

Die Michelle Davids-groep van Athlone het die spanuitdaging gewen.Foto: Verskaf

Vanjaar se straatoptog met die tema “Incredible Journey: Sounds of South Africa”, sou in Maart plaasvind, maar is weens die nasionale staat van inperking gekanselleer.

Die Kaapse karnaval het egter getrou aan sy doelwitte van verbintenis, inklusiwiteit, feesviering en kreatiwiteit gebly en onderneem om as teenvoeter teen die pandemie en sy gevolge van vrees, paniek en isolasie te dien.

Vanjaar het die organiseerders die uitdagings van die inperking gebruik om mense byeen te bring eerder as om te isoleer.

Buiten die gereelde aktiwiteite op sy sosiale mediaplatforms, het die karnival nou ook inisiatiewe soos ‘Fantastiese Vrydag’ en ‘Gee ’n geskenk, deel ’n vaardigheid’ bygevoeg om gemeenskappe te inspireer.

“Ons neem die Covid-19-pandemie ernstig op, maar ons wou nie hê dit moet ons van mekaar afsny nie,” sê Jay Douwes, hoof van die Kaapstad Karnaval, in ’n verklaring.

“Die 85 helpers, die 45 hoofkunstenaars, die 41 gemeenskapsleiers en die groepe wat betrokke is, sien die karnaval as ’n geleentheid vir skep, pret en eenheid in hul onderskeie gemeenskappe,” sê Douwes.

Uyanda Mchunu (“Ms Purple”) is as Ambassadeur van die Jaar bekroon. Foto: Verskaf
’n Skermgreep van die feesvieringe wat Saterdag op Zoom gehou is. Foto: Verskaf

Brad Baard, kreatiewe direkteur, skryf in ’n verklaring waar die inperking mense isoleer, wil hulle mense aanmoedig om met mekaar in kontak te bly en plesier en hoop te versprei.

Baard sê baie van die deelnemers aan die karnaval moes uitdagings oorkom soos om bekostigbare data te bekom, skootrekenaars aan te skaf en te leer hoe om aanlyn platvorms te gebruik.

Thulani Dupa, dirigent van die Cape Whalers Field Band Organisation, is as Groepleier van die Jaar aangewys.

Nolufefe Racula van Crossroads en Michelle Davids van Athlone het spesiale vermeldings gekry en die Michelle Davids-groep van Athlone het die spanuitdaging gewen.

Zinedine Manus van Ravensmead en Uyanda Mchunu (“Ms Purple”) van Joe Slovo Park het gesamentlik die prys van Ambassadeur van die Jaar gewen.

Meer oor:  Kaapstad  |  Fees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.