Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Kaapstad maak reg vir karnaval

Dit is amper weer tyd vir Kaapstad om haar vere reg te skud vir die grootste makietie van die jaar – die Kaapse Karnaval.

Kapenaars kan solank die datum in hul dagboek skryf: 21 Maart.

Die tema vir vanjaar is die klanke van Suid-Afrika.

Van marimba tot marabi, uhadi tot riel, gaan vanjaar se tema fokus op die musiek en danse van ons land.

Die organiseerders sal op 31 Januarie op die amptelike bekendstelling meer besonderhede oor die tema bekend maak, asook van die groepe wat gaan optree bekend stel wat van die Chinese Nuwejaarskarnaval in Hongkong teruggekeer het.

Die Kaapse Karnaval is jaarliks ’n groot partytjie op die Kaapse kalendar. Vanjaar se tema gaan die Suid-Afrikaanse musiek en danse vier. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Kaapstad  |  Karnaval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.