Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Karibiese klanke kom na Vrystaat Kunstefees

Die bekoring van die Karibiese Eilande sal vanjaar die eerste keer die Vrystaat Kunstefees met hul eiesoortige musiek en kuns inkleur.

Dié nuwigheid is teweeggebring deur die kollektief South-South, wat gemik is op die ontwikkeling van kreatiewe kulturele bedrywe in die “globale suide”.

Die Jamaikaanse bluesrock-groep Iron Kyte met hul gewilde sangeres Ariella tree op die Vrystaat Kunstefees op.

Kunstenaars wat op die Vrynge gehoor sal word, is Jamaika se eerste bluesrock-band, Iron Kyte, die band The SkyStarters, en twee woordkunsaanbiedings, waarvan een uit Barbados kom.

Iron Kyte is in 2013 gestig en het veral sukses begin behaal nadat die hoogs aangeskrewe Ariella haar as sangeres by hulle aangesluit het. Sy dra grootliks by tot hul gewildheid in Jamaika en elders.

SkyStarters het die afgelope tien maande 50 konserte gegee en daar lê nog verskeie voor. Hul musiek is al op talle radiostasies gespeel, waarvan nie die minste nie BBC Radio.

ArtSpeak word aangebied deur Frenetic Arts, ’n groep jong woordkunstenaars van Barbados wat ’n kultuur van respek, verantwoordelikheid en professionele optrede deur hul uitreikwerk kweek.

Our Lack of (Confidence) is vooraf opgeneemde musiek oor die gebrek aan liefde en selfvertroue wat Alison Morgan deur dans vertolk.

Sy is ’n jong Jamaikaanse kreatiewe entrepreneur wat ’n “boodskap van heling en waarheid deur haar talente en vaardighede” versprei.

Die Vrystaat Kunstefees word van 1 tot 7 Julie op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat en in Bloemfontein se middestad aangebied.

Meer oor:  Feeste  |  Karibiese Eilande  |  Iron Kyte  |  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.