Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Krog, Phillips op fees wat fokus op dekolonisering
Jolyn Phillips

Die Suid-Afrikaanse skrywers Antjie Krog en Jolyn Phillips sal in Januarie die 25ste viering van die jaarlikse internasionale Winternachten-literatuurfees saam met sowat honderd skrywers, digters en kunstenaars van die gesproke woord in Nederland meemaak.

’n “Feestelike uitgawe” is vir die fees van 15 tot 19 Januarie in Den Haag saamgestel, lui ’n inskrywing op die Winternachten-webwerf.

Onderhoude sal met skrywers, aktuele gesprekke, rolprente, musiek, voordragte en natuurlik prosa, poësie en gesproke woordkuns sal aangebied word.

Die onderwerp van die jubileumfees is bevryding met ’n spesifieke fokus op dekolonisering van die Westerse denke met vrae soos hoe vry is ons gees, wat beteken die vryheid en is ons werklik vry of dalk in ons kultuur, maatskappy of geskiedenis vasgevang?

Antjie Krog

Die tema is losweg geskoei op die essay “Decolonizing the mind” waarin Ngugi Wa Thiong’o oor gekoloniseerde taal skryf en die invloed wat steeds in Nederlandse kolonies merkbaar is.

Die band wat Nederland met sy vorige kolonies het, naamlik Suriname, Indonesië, die Antille in die Karibiese See en Suid-Afrika, sal veral in die aandprogramme vooropstaan.

Van die skrywers van elders wat die Winternachten bywoon, is die Indonesiërs Goenawan Mohamad en Angelina Jenny, Asmaa Azaizeh uit Palestina, Samar Yazbek (Sirië), Cagla Meknuze en Barbaros Altug (Turkye), Mukoma Wa Ngugi (VSA), Petina Gappah (Zimbabwe), Cynthia McLeod (Suriname), Rosabelle Illes (Aruba) en Ellah Wakatama Allfrey (Brittanje).

Onder die tientalle Nederlandse skrywers is Alfred Birney, Ilja Leonard Pfeijffer, Simone Atangana Bekono, Vamba Sherif, Adriaan van Dis, Nelleke Noordervliet en Ellen Deckwitz. – www.voertaal.nu, www.writersunlimited.nl, www.hnt.nl.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.