Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Kuns vir almal
Kezia Gerber wat die performance-kunswerk Perspectives of Perception aanbied.

Om een van jou kledingstukke of ’n kos-item vir ’n warmer of beter kledingstuk te ruil is ’n groothartige projek van die Publieke Artistieke Kunsprojek (PAP) op die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein.

Adriaan Meyer, die hoof van PAP, sê die projek was verlede jaar ’n reuse-sukses en word vanjaar voortgesit, maar met die verskil dat ook kruideniersware vir geskenkte kledingstukke geruil kan word. Jy kan dus vir ’n boksie jellie ’n broek kry, of vir ’n sak mieliemeel ’n jas. Jy mag ook ’n sokkie ingee en met ’n hemp wegstap.

“Die ruilhandel is om te keer dat een mens al die geskenkte klere wegdra,” verduidelik Meyer.

Soos die vorige jaar sal die klere wat oorbly, aan ’n verdienstelike organisasie geskenk word.

Nog ’n PAP-welwillendheid is die uitdeel van pap en sous vir die duur van die fees. Sowat 100 van dié etes word per dag geskenk en is ook op Hoffmanplein te kry.

Mense wat klere wil skenk, kan dit van 18 tot 22 Julie na Hoffmanplein neem, of na Michael Garbett in die feeskantoor by Volksblad, of stuur ’n SMS na Meyer by 082 820 7597. Meer inligting is te kry by adriaanmeyer@gmail.com.

Die meeste van PAP se 16 kunsprojekte is gratis en gebeur ook op Hoffmanplein. Dit sluit uiters kreatiewe aanbiedings in waarvan een, Air Cabinet, na analogie van die Franse meester Marcel Duchamp se glasbuis Air de Paris (Paryse lug) in 1919 ontstaan het.

Op die plein sal ’n stalletjie, ’n “dokter” en sowat 300 glasbuise wees. Elke buis sal gevul word met ’n deelnemende besoeker se asemteug wat ’n opskrif gegee word, soos asem van liefde, tweede asem of warm lug. Die glasbuise word dan verseël en as deel van ’n durende installasie gebruik.

Free State Fashion, ook ’n PAP-projek, gee omstanders die kans om vir ’n wyle model te speel en vir vyf ontwerpers die kans om hul skeppings in die openbaar te vertoon. Wees op 18 Julie van 12:30 tot 14:00 op Hoffmanplein en bied aan om een van die skeppings te vertoon.

Kezia Gerber se Perspectives of Perception is performance-kuns waarin sy elemente van tyd, ruimte-perspektief, die skilderdoek en haar lyf wat om die doek beweeg inspan.

Sy sê sy maak toeskouers deel van die werk om hulle bewus te maak van die implikasies wat uit verskillende perspektiewe kan spruit. Dié “speletjie” het ten doel om deelnemers te laat besin oor die skep van kuns, hulself en die samelewing. Dit vind op 17 en 19 Julie van 10:00 tot 16:00 plaas.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.