Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Kunstefees lok talle internasionale kunstenaars
Tony LankesterFoto: Melanie Bala/4Ever Jazz

Talle internasionale kunstenaars pak omstrede kwessies op die Nasionale Kunstefees in Makhanda (Grahamstad) wat in Suid-Afrika sowel as wêreldwyd opslae maak.

“Die fees lok buitelandse kunstenaars wat die Nasionale Kunstefees van ander feeste onderskei en dit gee gehore die geleentheid om ongelooflike spesiale werk te sien,” sê Tony Lankester, uitvoerende hoof van die fees wat van 27 Junie tot 7 Julie aangebied word.

“Ons het vennootskappe met ambassades, ander feeste en internasionale vervaardigers wat in staat is om produksies na Makhanda te bring. Tesame met die intimiteit wat die fees bied, gee dit aan Suid-Afrikaanse kunstenaars ook ’n kans om te sien wat hul eweknieë in ander lande doen.”

Die produksies is van wêreldgehalte, sê Nobesuthu Rayi, waarnemende uitvoerende vervaardiger van die fees.

“Die produksies kyk na talle aktuele en maatskaplike kwessies wat in ons land sowel as oor die wêreld heen voorkom.”

Die dansproduksie PINK MON€Y fokus op die LGBTIQ-gemeenskap. Dit is ’n kombinasie van Suid-Afrikaanse en Switserse dansers.

Pink money is die geldeenheid waarmee jy verdraagsaamheid kan koop indien jy oor die nodige kontant beskik.”

Confessions of a Mormon Boy deur die Amerikaanse dramaturg Steven Fales handel oor sy reis as sesde geslag Mormoon en die pa van twee wat bekend gemaak het dat hy gay is. Hy is gevolglik uit sy kerk geskop.

Die Sweedse teatergeselskap Sirquis Alfon’s se produksie I Am Somebody is ’n kombinasie van towerkuns, komedie en musiek wat op die internet-generasie gemik is.

The Bookbinde is ’n bekroonde toneelstuk deur die geselskap Trick of the Light Company in Nieu-Seeland. Dit is ’n produksie waarin poppespel, storievertelling en optredes saamgesnoer word.

Die Ierse komediant, Dylan Moran, wie se konsert op die fees in 2015 die vinnigste uitverkoop was, bring sy produksie Dr Cosmos op die planke.

Hy lewer met sy unieke inslag kommentaar op die liefde, politiek, ellende en die alledaagse absurditeite wat die lewe oplewer.

Die Duits-Chinese choreograaf Hannah Ma en haar geselskap internasionale dansers voer twee produksies op; Sylphides, ’n ligsinnige, ironiese en digterlike interpretasie van die romantiese ballet Les Sylphides, en die dansproduksie Wanderer wat oor die soeke na ’n tuiste handel.

Spirit Child is ’n dansproduksie deur die Nigeriese danser, choreograaf en aktivis Qudus Onikeku. Dit is deur Ben Okri se klassieke werk The Famished Road geïnspireer.

Die kunstenaar Mira Calix, wat in Suid-Afrika gebore is, maar deesdae in die Verenigde Koninkryk werk, bied die musiekproduksie In Situ aan.

Ersatz deur die Franse regisseur en vertoner Julien Mellano maak ook deel van die program uit.

Aan die musiekfront is daar ook baie internasionale deelname.

Die Sweedse tromboonspeler Nils Lindgren, Kenia se Nairobi Horns, New York se orkes Too Many Zooz en die Italiaanse jazzsanger Susana Stivali tree op die Standard Bank-jazzfees op.

* Besoek nationalartsfestival.co.za vir die volledige program. Hier kan ook bespreek word. Die fees duur van 27 Junie tot 7 Julie.

Meer oor:  Makhanda  |  Nasionale Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.