Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Kunstefees: Só kan kunstenaars geld op vFringe verdien
Die Nasionale Kunstefees op Makhanda sal vir die eerste keer in 46 jaar geheel en al aanlyn aangebied word.

Die 46ste Nasionale Kunstefees (NAF) – wat gewoonlik op Makhanda gehou word maar vanjaar weens die Covid-19-pandemie van 25 Junie tot 5 Julie aanlyn aangebied word – het ’n nuwe platform geskep waardeur kunstenaars ’n broodnodige inkomste kan verdien.

vFringe, ’n virtuele weergawe van die NAF se randfees, sal kunstenaars in staat stel om bestaande of nuwe, regstreekse vertonings op onderskeidelik die webwerf www.nationalartsfestival.co.za en platforms soos Facebook, YouTube en Instagram teen betaling aan te bied.

Volgens Zikhona Monaheng, bestuurder van die vFringe, sal 90% van die kaartjieverkope van dié aanbiedinge in kunstenaars se sakke beland, terwyl die oorblywende 10% bank- en ander administratiewe koste sal dek. Kunstenaars sal self hul eie kaartjiepryse kan bepaal.

“Kunstenaars hoef nie ’n sent te betaal om hul werk op vFringe op te laai en uit te stal nie, maar dit sal gemodereer word om te verseker dat dit aan tegniese en wetlike vereistes vir aanlyn besigtiging voldoen,” sê Monaheng in ’n verklaring.

Spertye vir vFringe-inskrywings hang af van die aard van die vertoning. Die vFringe sluit vanjaar benewens musiek- en teatervertonings ook kunsuitstallings en die Standard Bank Virtual Green-kunsmark in. Besoek https://www.nationalartsfestival.co.za/artist-zone/2020-vfringe-guide/ vir die inskrywingsvorm en nog inligting. Vrae kan ook in ’n e-pos aan fringe@nationalartsfestival.co.za gestuur word.

* Benewens die vFringe kan ontwerpers en kunstenaars ook R5 000 ryker word as hulle die wenontwerp van die eerste virtuele NAF se amptelike T-hemp inskryf.

Die T-hemp sal volgens ’n verklaring dien as ’n versamelstuk en herinnering “aan die jaar waarin alles aanlyn gegaan het”.

Belangstellendes moet hul ontwerpe teen 29 Mei indien. Die publiek sal op die NAF se sosialemediaplatforms vir die wenner stem, waarna dit op die T-hemde gedruk en dan te koop aangebied sal word.

Spesifieke bepalings en voorwaardes sal direk aan almal gestuur word wat die inskrywingsvorm by https://www.nationalartsfestival.co.za/news/tshirt-competition/ voltooi.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Nasionale Kunstefees  |  Naf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.