Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Kyk: Baie om te doen by KKNK

By die KKNK is daar vele dinge om te doen behalwe om na teater- of musiekproduksies te kyk. Simon Sonnekus het Sondag dié oomblikke vasgevang.

Hedi Gerber en haar seun De Wet (9) van Oudtshoorn verf klippe as deel van die Karoo-klipkunsprojek. Die klippe sal op ’n koppie in die gebied uitgepak word.

Klippe van die Karoo-klipkunsprojek word Sondagoggend op ’n bakkie gelaai. Die klippe sal deel word van ’n kunsprojek wat op ’n koppie in die gebied uitgepak word.

Feesgangers by die KKNK sit die stoele vol by Die Burger se Praat Saam-gespreksreeks met Waldimar Pelser, redakteur van Rapport, dr. Mathews Phosa, voormalige tesourier-generaal van die ANC, en Mzwanele Manyi, president van die Progressive Professionals Forum. Die gesprek het gehandel oor Suid-Afrika ná Zuma.

’n Werknemer van die Toekomsrus United Congregational Church hou ’n rooster vol vleis oop terwyl die braaier nuwe kole kry.
Emily Cloete (6) van Kaapstad verf ’n klip as deel van die Karoo-klipkunsprojek. Die klippe sal deel word van ’n kunsprojek wat op ’n koppie in die gebied uitgepak word.

Meer oor:  Kknk  |  Kyk  |  Fees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.