Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Lankester tree uit as hoof van Nasionale Kunstefees
Tony Lankester, hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Kunstefees in Makhanda, tree uit die posisie om ’n werkgeleentheid in Brittanje op te neem.

Die hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Kunstefees in Makhanda, Tony Lankester, tree uit. Na twaalf jaar aan die hoof van die jaarlikse kunstefees verlaat hy die posisie vir ’n werkgeleentheid in Brittanje.

Die voorsitter van die feeskomitee, Ayanda Mjekula,het Lankester in ’n persverklaring vir sy bydrae sedert 2007 bedank en opgemerk dat in Lankester se termyn die fees gegroei het en dat Lankester ryklik tot die verryking van die Suid-Afrikaanse kulturele erfenis bygedra het. Lankester het sy tydperk by die fees as “ongelooflik” beskryf en dat dit ’n voorreg was om die fees te stuur. “Ek sal wat ek hier ervaar het die res van my lewe met my saamdra. Ek voel egter dat dit nou die regte tyd is om ’n loopbaanskuif te maak en ruimte te skep vir die feesbestuur om nuwe energie en idees te verwelkom”. Hy bly as konsultant tot die einde van die jaar aan.

Die fees het tans se posisie van ’n artistieke direkteur is ook tans vakant.

Annabell Lebethe hoof uitvoerende beampte van Ditsong: Museums van Suid-Afrika en Michelle Constant, eertydse hoof van Business Art South Africa is aangestel op die raad van die fees.

Meer oor:  Nasionale Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.