Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Lush-fees word ’n modderfees

Die Lush-musiekfees is die Paasnaweek in ’n modderbad omskep ná hewige reën by Clarens in die Vrystaat.

Philip Brand (63), ’n skoolhoof aan die Oos-Rand, sê feesgangers was in ’n “modderbad” op die plaas Node buite die dorp vasgekeer.

Verskeie voertuie het die Paasnaweek in die modder vasgesit in die Lush-fees by Clarens. Foto: Philip Brand

“Motoriste kon nie in of uit die feesterrein beweeg nie. Talle feesgangers en voertuie was in die modder vasgevang.”

Hy sê nie een van die drie toegangsroetes na die plaas was Sondag begaanbaar nie.

Sy seun Van Wyk Brand, ’n musikant wat by die fees opgetree het, het besluit om sy voertuig by Noah’s Cheese, op die plaas, te los, terwyl ander tot Maandag op die plaas gaan wag vir weerstoestande om te verbeter.

Sy seun en talle ander feesgangers het die modder te voet aangedurf in ’n poging om huis toe te gaan.

Sondagoggend het rye voertuie op die teerpad gestaan en wag vir mense wat huis toe wou terugkeer, sê Brand.

Anel Bezuidenhout, projekbestuurder van Lush, sê die reën het egter nie feesgangers se geesdrif gedemp nie.

Sy sê die Amerikaanse rockgroep Wheatus het elke oomblik van die modderfees geniet. Hulle het gesê dit voel soos ’n ware Afrika-fees, sê Bezuidenhout.

Al die kunstenaars het gemeen come rain or shine the show must go on, sê sy.

Hoewel die feesskedule weens die swaar reën effens agter was, het die groot aantreklikhede soos Wheatus, Jeremy Loops, Refentse, Desmond & The Tutus, Jo Black en Spoegwolf steeds opgetree.

’n Trekker sleep ’n voertuig uit die modder op die plaas Node naby Clarens. Foto: Philip Brand

“85% van die feesgangers het in die reën en modder gedans en kuier.”

Sy sê verskeie boere van die omgewing het hulp aangebied en voertuie wat in die modder vasgesit het met hul trekkers uitgesleep.

Stootskrapers het ook die paaie oopgestoot sodat voertuie kon ry.

Meer oor:  Clarens  |  Weer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.