Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
‘Miss Mandy’ open RSG-kunstefees
Amanda Strydom

Amanda Strydom was destyds met die skryf van State of the Heart honger om weer toneel te speel.

Nou voer sy dié musiekteaterproduksie weer op – dié keer om die RSG-kunstefees te open.

Sy het dit in 1993 geskryf en sy het al soveel keer gedink sy het dié musiekteaterproduksie nou die laaste keer opgevoer.

“Dan vra iemand, ag, doen weer vir ons daai een waar die vrou die skildery het . . . Dan is dit State of the Heart waarvan hulle praat. Patrick Mynhardt het dit my pen­sioen-play genoem. En nou op 60 voer ek dit steeds op. Ek sou dit nooit tóé kon sê nie.”

Dit was vir haar lekker om oor tyd soveel verskillende vroue te kon vertolk.

“Toe ek State of the Heart geskryf het, het ek gevind daar was nie eintlik veel werk vir my nie. In ’n musiekteaterproduksie kan ek die storie vertel en die liedjies sing. Maar wat ek tussenin sê, moet sinvol wees. Dit moet betekenis vir die gehoor inhou.

“Ek dink elke keer nou was dit die laaste keer en dan kom daar weer ’n geluk na my kant toe.”

  • M1-ouditorium, SAUK: 13 November om 14:00 vir 14:30. Stuur e-pos aan muriel@rsg.co.za om te bespreek of vir meer inligting.
Meer oor:  Amanda Strydom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.