Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Nasionale Kunstefees het nuwe kunshoof

Die grootste kunstefees in Afrika het ’n nuwe kunshoof.

Rucera Seethal.

Rucera Seethal is pas aangestel as die Nasionale Kunstefees in Makhanda (voorheen Grahamstad) se nuwe artistieke direkteur.

Seethal is tans ’n programbestuurder by die organisasie Pro Helvetia Johannesburg, wat Switserse kuns-en-kultuur-programme in Switserland en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap op die been bring. Sy was ook tussen 2004 en 2011 verbonde aan die kunstydskrif Chimurenga as kunsleier en produksiebestuurder.

Volgens ’n mediaverklaring gaan Seethal in haar nuwe rol ’n sleutelrol in die ontwikkeling van die feesprogram speel en ook ’n hand hê in opvoedkundige kunsprogramme.

“Dit is ’n dinamiese tyd vir die kunste in Suid-Afrika en op die vasteland, en ek is opgewonde om deel te word van die artistieke span in dié uiters belangrike oomblik in die Nasionale Kunstefees se geskiedenis,” het Seethal in ’n mediaverklaring gesê.

“Ek sien daarna uit om met die kunskomitee en die raad saam te werk en om met die gemeenskap van Makhanda in wisselwerking te tree sodat ons die fees vir die toekoms kan uitbou.”

Brett Bailey, voorsitter van die fees se kunskomitee, is ook opgewonde oor Seethal se koms.

“Ons span sien daarna uit om met ’n artistieke direkteur te werk wat die feesprogram nuwe lewe kan gee.”

Seethal sal in Januarie 2020 vir die pos aantree.

Meer oor:  Makhanda  |  Feeste  |  Nasionale Kunstefees  |  Rucera Seethal  |  Kuns  |  Grahamstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.