Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Nasionale Kunstefees maak ook draai in ander stede

Die Nasionale Kunstefees laat nie die pandemie in die pad van kuns staan nie.

Zane Meas is te sien in ‘Van Wyk, The Storyteller of Riverlea’ in die Markteater in Johannesburg, wat deel uitmaak van die Nasionale Kunstefees op Makhanda se reeks Standard Bank Presents. Foto: nationalartsfestival.co.za

Afgesien van die 11 dae lange fees in Makhanda, kry gehore in Johannesburg, Kaapstad, Gqeberha en Durban van 17 Junie tot 4 Julie die kans om met die program Standard Bank Presents ook in die feesvreugde te deel.

’n Spesiale hibriede komedieproduksie vind op 10 Julie plaas.

Die vertonings sluit in nuwe teaterproduksies, optredes van Standard Bank se Jong Kunstenaars, en jazz.

Die lokaal in Kaapstad is Gallery 44 in Langstraat. In Johannesburg word produksies in lokale in die kompleks van die Markteater, die AFDA Red Roof-teater en die Wits-teater gehou. In Walmer, Gqeberha, word die Masifunde Learner-akademie gebruik, en in Durban die Seabrooke-teater van die Hoërskool Durban.

The Magic Shell van Jungle Theatre (vir vier- tot sewejariges) word op 17 Junie in Kaapstad opgevoer. Die Jitsvinger Trio bied op 19 Junie ’n program van eg Suid-Afrikaanse hip-hop, poësie en oorspronklike musiek aan. Sondag word afgestaan aan jazz met onder andere Mandisi Dyantyis en Siya Charles.

Op 22 Junie word The Flower Hunters deur Maggie Gericke en Sophie Joans opgevoer. Die nuwe dansproduksie Ndinxaniwe gegrond op Credo Mutwa se The Coming of the Strange Ones kom op 25 en 26 Junie aan die beurt.

Johannesburgers kry op 26 Junie kans om Lira, Judith Sephuma en Bokani Dreyer in hul onderskeie programme in die Wits-teater te sien.

Die Standard Bank Jong Kunstenaars Sisonke Xonti en Nthato Mokgata (saam met die Afro Jazz Giant Tribute) tree op 4 Julie in die Markteater-kompleks op. Lulu Mlangeni se dansproduksie Kganya (Light) is op 30 Junie, 1 en 2 Julie op die planke.

Nog twee hoogtepunte is Van Wyk, The Story Teller of Riverlea met Zane Meas as die digter, aktivis en skrywer Chris van Wyk in die Markteater op 2 en 3 Julie, en Benjamin Jeptha se Born Coloured: Not ‘Born-Free’ op 27 Junie in die Wits-teater.

Die ambisieuse produksie The Oratorio of a Forgotten Youth met verskeie rolspelers word op 7 Julie in die Wits-teater opgevoer.

In Durban begin die feestelikhede op 19 Junie met die Melvin Peters Trio en die volgende dag tree die Afrika Mama’s in Acapella op. Die Neil Gonsalves-trio bied Blessings and Blues aan.

Die Baai kry op 3 Julie die geleentheid om Xabiso Zweni en die Masifunde Creative Academy se musikale satire Social Disturbing te sien.

Francois Knoetze se videoproduksie in vier dele, Core Dump, is in Dakar, Kinshasa, Sjenzhen en New York verfilm.

Die vroue van Acapella Narrative huldig met S’bane die musiek van groot name in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld.

  • Vir volledige besonderhede, besoek nationalartsfestival.co.za. Skakels vir besprekings is ook hier te kry. Die Nasionale Kunstefees word van 8 tot 18 Julie in Makhanda gehou. Die aanlyn fees is in Julie. Besprekings vir die fees open op 21 Junie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.