Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Nasionale Kunstefees nou ‘virtueel’ weens Covid-19
Die Nasionale Kunstefees in Makhanda sal weens die Covid-19-pandemie vir die eerste keer geheel en al virtueel aangebied word.

Die Nasionale Kunstefees in Makhanda sal ondanks die Covid-19-pandemie van 25 Junie tot 7 Julie plaasvind, maar dit sal die eerste keer in die fees se geskiedenis geheel en al virtueel aangebied word.

Luidens ’n verklaring het die feesbestuur “getob, gedink, (nog) getob, gestry en nog gedink” oor Covid-19 en hoe die fees desondanks kan voortgaan. Hulle het eindelik besluit dat ’n virtuele fees die oplossing is.

“Op dié manier kan ons ’n bietjie magic en hoop bring met dié wat (weens die virus) in hul huise opgesluit is,” lui die verklaring.

“Kunstenaars maak staat op feeste soos ons s’n om ’n inkomste deur die verkoop van kaartjies te genereer, wat feesgangers die kans bied om hul werk te sien en plaaslik en internasionaal daaroor te praat, en om bande met hul eweknieë te smee.

“Ons wil graag ’n nuwe geleentheid vir kunstenaars én gehore skep om die kunste te vier, in plaas daarvan om (die fees) te kanselleer, en ons wil ook ’n toeganklike platform skep vir kunstenaars om hul werk te deel.”

Luidens die verklaring is die besluit geneem sodat kunstenaars, feesondersteuners en diensverskaffers nie aan ’n lyntjie gehou word oor die fees, wat oor net meer as 100 dae begin, nie.

“Dit gaan ’n moeilike jaar vir Makhanda en die Oos-Kaap wees,” lui die verklaring. “Ons is terdeë bewus van die massiewe invloed wat Covid-19 op ons ekonomiese stabiliteit gaan hê.

“Ons weet hoeveel inkomste die fees tot die infrastruktuur en ekonomie van Makhanda bydra. Ons bly getrou aan die stad en sal voortgaan om ’n rol as goeie korporatiewe burgers te speel.”

Die feesbestuur sal volgens die verklaring binne die volgende paar weke bekend maak “hoe dit alles sal werk”.

Hulle is tans besig om in gesprek te tree en besonderhede uit te klaar met verskeie borge en skenkers, onder andere die Oos-Kaapse provinsiale regering, Standard Bank, die departement van kuns en kultuur, Distell en MultiChoice.

Meer oor:  Makhanda  |  Feeste  |  Musiek  |  Kunste  |  Koronavirus  |  Teater  |  Nasionale Kunstefees  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.