Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Nasionale kunstefees se nuwe hoof neem tuig op
Monica Newton, die nuwe uitvoerende hoof van die Nasionale Kunstefees in Makhanda (Grahamstad).

Die ervare kunsadministrateur Monica Newton neem in Januarie die leisels as uitvoerende hoof van die Nasionale Kunstefees by Tony Lankester oor wat as ’n raadslid aanbly om kontinuïteit te verseker.

Newton het haar hele loopbaan aan kreatiewe bedrywe gewy en werk sedert 1997 op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak in die kunste.

In die nuwe pos sal sy deur ’n sterk span ondersteun word, wat die nuut aangestelde artistieke direkteur Rucera Seethal insluit, asook die uitvoerende vervaardiger Nobesuthu Rayi, administratiewe direkteur Kate Davies, die Fringe-bestuurder Zikhona Monaheng en die tegniese direkteur Nicci Spalding.

Newton se taak sal egter verder strek as net die kunstefees, aangesien sy ook die pos as uitvoerende hoof van die Grahamstad-stigting aanvaar het. Dié organisasie bevorder die kulturele en kreatiewe lewe in Makhanda (voorheen Grahamstad) en snoer kragte met die kunstefees vir die aanbied van die Scifest Africa, die Engelse Olimpiade, die Suid-Afrikaanse skolefees en die Monument-rolprentklub.

Volgens ’n persverklaring het Newton gesê “dit is belangrik om te verseker dat die aktiwiteite van die kunstefees én die Grahamstad-stigting ’n betekenisvolle en volhoubare bydrae tot die stad lewer.”

Newton het in Clarens grootgeword en aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem gematrikuleer. Sy het ’n meestersgraad in sosiologie aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf.

Die pos waaruit sy bedank het om die Nasionale Kunstefees van volgende maand te lei, is as hoof van die Gautengse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning.

Voor dié pos, wat sy sedert 2017 beklee het, was sy onder meer uitvoerende hoof van die Nasionale Kunsteraad en adjunkdirekteur-generaal van kuns- en kultuurontwikkeling in die departement kuns en kultuur.

Die 46ste Nasionale Kunstefees word volgende jaar van 25 Junie tot 5 Julie in Makhanda gehou.

Meer oor:  Makhanda  |  Nasionale Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.