SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Feeste
Kurt tree nie op nie weens min belangstelling
Kurt Darren

Nie net het die ekonomiese klimaat ’n nadelige invloed op die bywoning van toneelopvoerings nie, die rolverdelings raak ook al hoe kleiner.

Heelwat produksies op vanjaar se Vrystaat Kunstefees bestaan uit solovertonings of rolverdelings van net twee of drie akteurs.

Dit is egter nie net die verskynsel in teaterproduksies nie. Die feeskantoor het bevestig die sokkiekoning, Kurt Darren, se konsert wat Woensdagaand sou plaasvind, is weens gebrekkige belangstelling gekanselleer.

Die teaterskepper Philip Rademeyer, wat by vier stukke op die fees betrokke is, sê vir ’n onafhanklike vervaardiger sonder die ondersteuning van skeppende feeste of instansies soos die Nasionale Afrikaanse Teater­inisiatief (NATi), is dit bykans onmoontlik om produksies met groot rolverdelings op die planke te bring.

“Vir Afrikaanse teater is die feeste noodsaaklik. Maar daarmee saam is daar koste soos vir reis en verblyf. Dit beteken jy kan nie groot rolverdelings bekostig nie.

Bloemfonteiners is bekend daarvoor dat hulle eers kaartjies by die deur of op die dag van die opvoering koop.
Michael Garbett, feeskantoor

“Jy sien dus al hoe meer solostukke, want daar is soveel minder risiko’s aan verbonde, veral as jy vir die deur(inkomste) speel.”

Michael Garbett, wat ook die koördineerder van die Vrynge (rimpelfees) is, sê die neiging van solovertonings en klein rolverdelings kom sal sedert 2014.

“Dis net geldelik meer haalbaar as jy net vir jouself moet betaal as vir ’n spul ander mense. Dis amper soos die 1990’s nadat die kunsterade gevou het, wat jy hierdie toename in solovertonings begin sien het. Die ekonomiese toestande laat min geld vir die kunste oor. ’n Mens gaan eenvoudig ander maniere moet vind om produksies te finansier.”

Craig Morris in Johnny Boskak is Feeling Funny. Dit is een van vele solovertonings op vanjaar se Vrystaat Kunstefees. Foto: Conrad Bornman

Volgens Garbett moes sommige vervaardigers oortuig word om nie hul produksie aan die fees te onttrek nie weens swak vooraf kaartjieverkope.

“Van hulle het gewonder of dit finansieel die moeite werd gaan wees. Bloemfonteiners is bekend daarvoor dat hulle eers kaartjies by die deur of op die dag van die opvoering koop.”

Rademeyer, wat Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran, Soebatsfontein, Klippe wat val en Wild op die fees regisseer en by laasgenoemde twee se vervaardiging betrokke is, sê dis nie op lang termyn volhoubaar om soveel werk op een slag aan te pak nie. Hy sou ook Weerkaats geregisseer het, maar dit is gekanselleer. Hy is ook ’n dramaturg.

“Dis fisiek, emosioneel en op kreatiewe vlak uitputtend.”

Die akteur Wynand van Vollenstee het vir lank in groot rolverdelings van Lefra Produksies gespeel, maar vir die fees die solovertoning ’n Gewigtige saak geskryf en vervaardig en sê dis uit noodsaak gedoen.

“Die groot produksies raak al hoe duurder en daar is al hoe minder geld. Ek wou begin vervaardig om vir myself en hopelik later vir ander mense werk te skep. ’n Solovertoning is maar net ’n goedkoper manier van werk skep, want dis net jy, jou regisseur en tegniese span en jy kan jou stel in jou voertuig laai,” sê hy.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Kurt Darren  |  Kaartjies  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.