Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Nog 'n hoof van Afrikaanse kunstefees bedank

Niël Rademan, die uitvoerende hoof van die Suidoosterfees, het bedank. Brian Figaji, die voorsitter van die fees se direksie, het bevestig dat Rademan verlede week op die direksievergadering aangekondig het dat hy bedank om verder op sy eie loopbaan te konsentreer.

Niël Rademan

Daar is besluit dat Irma Albers, voorheen hoof van kuns en kultuur by die Distell-stigting, vir die ­

tydperk van ’n jaar sal waarneem totdat ’n nuwe hoof aangestel word. Sy sal verantwoordelik wees vir die saamstel van volgende jaar se program.

“Ons het altyd geweet dat Niël se eerste liefde die verhoog is en dat ons hom die een of ander tyd gaan verloor, maar ons was nogtans onkant gevang met sy bedanking,” sê Figaji.

Rademan sê: “My groot droom wat ek weer gaan volg, is om op die verhoog te wees: Ek is ’n verhoogsanger, klavierspeler en regisseur. Dit is waarvoor ek in die wieg gelê is.

“Ek is trots om deel te kon wees van die Suidoosterfees, wat eenheid binne die groot verskeidenheid van ons kunslandskap teweegbring – nie net jaar ná jaar nie, maar deurlopend met die vele projekte en uitreike wat oor die afgelope vier jaar geskep en ontwikkel is.

“Nou gaan ek fokus op die kreatiewe en nie noodwendig op die administratiewe nie en heelwat tyd in Heidelberg by my teaterhuis deurbring.

“Ek gaan nuwe musiek skryf en aan ’n teaterproduksie werk.

“As kunstenaar en administrateur glo ek daarin om te fokus op aksies en vermaak waar alle kultuurgroepe van ’n spesifieke gebied bymekaar kan kom. Ek glo in diversiteit en die samekoms van mense – nie net op die verhoog nie, maar in die konsertsale, voorportale, stoepe en ook by onthale.

“Ek wens die nuwe waarnemende uitvoerende hoof, Irma Albers – kenner van mense, kultuur, kunste en administrasie – voorspoed toe en voel trots om haar as opvolger te hê.

“Ek verlaat die Suidoosterfees met hartseer, maar met hoop, herinneringe en ’n lied in my hart!”

Figaji sê Rademan het hart en siel en met baie energiek aan die hoof van die fees gestaan. Sy pos sal in Augustus geadverteer word. Hierna sal die persoon wat aangestel word saam met Albers werk, hoofsaaklik as waarnemer.

Albers het vanjaar die koor­kompetisie van die Suidoosterfees gekoördineer. Sy was sedert haar uittrede by Distell op ’n vryskutgrondslag as konsultant betrokke by verskillende aspekte van die kunste en kunstefeeste. Sy sê sy sien uit na die verfrissende nuwe uitdaging wat op haar wag.

“Dis vir my ’n groot eer dat ek die geleentheid kry. Ek sal voortgaan met die missie van die fees om mense bymekaar te bring.”

Volgens Figaji het die fees goed gevorder onder Rademan se leierskap.

“Hierdie jaar was veral baie spesiaal,” sê hy.

Meer oor:  Suidoosterfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.