Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Openbare kunstefees begin weer op 8 Mei in Kaap

Net vir hierdie een jaar is die titel van die jaarlikse openbare kunstefees Infecting the City in Kaapstad verander na (Un)Infecting the City. Dit verwys na geslagsgeweld en die sogenaamde femicide, die doodmaak van vroue en meisies net omdat hulle van die vrouegeslag is.

Siya Umlilo Ngcobo in sy musiekvideo ‘Umzabalazo’, geregisseer deur Odendaal Esterhuyse. Dit en vele ander kunsvorme sal van 8 Mei tot einde Junie op die openbare fees (Un)Infecting the City in Kaapstad te sien wees. Foto: Infectingthecity-webtuiste

Die fees, wat op 8 Mei begin en tot einde Junie duur, is luidens ’n mediaverklaring die oudste openbare kunstefees in Suid-Afrika. Dit word aangebied deur die Universiteit van Kaapstad (UK) se Institute for Creative Arts (ICA) en bestaan uit werke wat verspreid in die middestad van Kaapstad besigtig kan word.

Die aanbod van werke heet Body of Evidence en die fokus is die sielkundige en maatskaplike uitwerking wat die koronaviruspandemie op die mens het, en wat ook ’n ontstellende toename in geslagsgeweld in Suid-Afrika tot gevolg gehad het.

Die dryfkrag agter Body of Evidence is die kunstenaar Mandla Mbothwe van Mud & Fire Parables en ’n senior dosent aan die UK se Centre for Theatre, Dance and Performance Studies. Qondiswa James het hom as kurator bygestaan.

Hul produk bestaan uit ’n reeks kort en kragtige items wat musiek, dans, visuele kuns, narratiewe, digkuns en konseptuele werk insluit.

“Die doel is om nuwe denke oor menswees te skep en ’n beweging teen geslagsgeweld op alle vlakke van ’n gemeenskap te vestig,” sê Mbothwe.

Die nasionale telefoonnommer 0800 428 428, waar die misdaad aangemeld kan word, verskyn oral. Body of Evidence word geborg deur Distell.

Die fees bestaan uit agt programme waaraan 50 kunstenaars gewerk het en oor agt weke uitgestal word.

Van die kunstenaars se werk sal op die volgende plekke te sien wees:

Amy Wilson en Gabriel Dirkse

8 en 9 Mei, 18:30 tot 19:30 (rondleiding), kringfilm in die winkelvenster van Langstraat 161.

Vathiswa Nodlayiya

8 en 9 Mei, 18:30 tot 19:30 (rondleiding), kringfilm in die Western Province-gebou op die hoek van Lang- en Waalstraat.

Koleka Putuma

8 en 9 Mei, 19:30 tot 21:00 (belangstellendes kan sit), rolprentvertoning op Kerkplein, hoek van Buro- en Parlementstraat.

Llewelyn Afrika

11 en 12 Mei, 18:30 tot 19:30 (rondleiding), kringfilm in winkelvenster, Langstraat 148.

Vuyolwethu Nompetsheni

11 en 12 Mei, 18:30 tot 19:30 (rondleiding), kringfilm, Western Province-gebou op die hoek van Lang- en Waalstraat.

Die program is onderhewig aan verandering. Besoek dus gereeld die webwerf http://infectingthecity.com/2021/.

Body of Evidence kan op Facebook (Body of Evidence) en Instagram (@body_of_evidence_gbv_f) gevolg word. – Saamgestel deur Elretha Britz

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.