Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
‘Oppiwater-fees neem sommer hele skippie oor’

RSG en Lefra se Oppiwater Kunstefees­ is die enigste volwaardige kunstefees wat op ’n plesierboot gehou word.

Frank Opperman vertolk die rol van ds. Tienie in die gelyknamige produksie op RSG en Lefra se Oppiwater Kunstefees.

Die sewende Oppiwater Kuns­tefees vind van 5 tot 10 April op die MSC Orchestra plaas. Die boot vertrek van Kaapstad na Namibië se mooie Lüderitz en Walvisbaai.

Frans Swart, organiseerder, sê dit is die ideale manier om ’n kunstefees te ervaar.

“Die MSC Orchestra is werklik baie luuks en wat is dan lekkerder as om die wonderlike teaterproduksies te geniet in die omgewing van hierdie drywende klein dorpie?”

Vanjaar se feesprogram bied meer as 30 verskillende produksies, wat in ses verskillende teaters en venues aangebied word.

“Hierdie Afrikaanse teaterfees neem inderwaarheid die hele skippie oor. Dis hoekom Magdaleen Kruger (van RSG) dit reeds ’n paar jaar gelede die benaming ‘kunsskippie’ gegee het.”

Van die produksies waarna feesgangers kan uitsien, is:

  • My oom se vrou se plekkie;
  • Donkie met Frank Opperman;
  • Groet die grotman 2 met Wynand­ van Vollenstee;
  • Die drama Die rypmaakkamer;
  • Ds. Tienie met Frank Opperman; en
  • Rocco de Villiers slaan die klavier in Kortbroek Langkouse.

RSG saai ook elke dag ’n halfuur vanaf die MSC Orchestra uit, met die omroepers Johan Rademan, Haidee Muller, Su­zane Paxton en Jody Hendricks sodat luisteraars ook die kans het om saam fees te hou.

Besprekings kan aanlyn gedoen word op oppiwater.­co.za of telefonies by MSC Cruises by 087 630 0333.

Vir meer inligting, bel Lefra by 011 815 3000, stuur e-pos na oppiwater@rsg.co.za of besoek oppiwater.co.za.

’n Gelukkige Beeld-leser het ’n kans om ’n kajuit vir twee mense op die Oppiwater Kunstefees te wen.

Só wen jy

Om in aanmerking te kom vir die prys, SMS Lefra Oppiwater Beeld met jou naam en van, as­ook dorp of stad as verwysing na 33000. ’n SMS kos R1,50. Die kompetisie sluit op 20 Maart.

Die pryse sluit in:

Vir meer inligting, skakel 011 815 3000 of stuur e-pos na admin@lefra.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.