Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Oppiwater Kunstefees skuif nou na Januarie

Die Oppiwater Kunstefees is die soveelste slagoffer van die koronavirus.

RSG, Lefra Produksies en MSC Cruises het aangekondig dat die kunstefees, wat van 5 tot 10 April op die MSC Orchestra aangebied sou word, nou van 25 tot 30 Januarie 2021 aangebied word. Dit sal dieselfde soort vaart wees wat van Kaapstad vertrek en Lüderitz en Walvisbaai in Namibië besoek.

Frans Swart, feesdirekteur, sê die besprekings van feesgangers wat vir die April-fees bespreek het, sal outomaties oorgedra word na die Januarie-vaart.

MSC se aankondiging oor bewyse vir ander gekanselleerde vaarte sal nie vir die Oppiwater Kunstefees geld nie, aangesien die kunstefees ’n spesifieke temavaart is. Swart sê hulle is tans in onderhandelinge met al die kunstenaars en teaterproduksies en gaan probeer om dieselfde produksies aan te bied.

Die nuwe program sal eersdaags bekend gemaak word.

  • Vir die jongste inligting oor Oppiwater, gaan na oppiwater.co.za.

Vir enige navrae oor die kajuitbesprekings, skakel 087 630 0333.

Meer oor:  Oppiwater Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.