Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Oppiwater maak plek vir nog feesgangers

“Ek het al van Lady Macbeth tot ’n singende Australiese pop-up toaster gespeel,” sê die aktrise Lizz Meiring in haar uitnodiging aan haar aanhangers na RSG en Lefra se Oppiwater-kunstefees van 15 tot 19 April.

Die organiseerders het Woensdag bekend gemaak dat bykomende kajuite vir feesgangers aan boord van die MSC Musica beskikbaar gestel is om in die vraag te voorsien.

Lizz Meiring

Meiring lewer haar eenvrouvertoning, Lizz 35, waarin heelwat van haar optreehoogtepunte die afgelope 35 jaar te sien is.

Sy tree ook saam met Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm in Drie susters op.

Sy is ook die aanbieder van Oppiwater se musiekspeletjie Musieknoot Oppiboot op die vaart van Durban na Mosambiek en terug.

“Ek sien vreeslik uit na dié een, want Johan van Rensburg van Noot vir noot, Riaan van Rensburg, Jaconell Mouton en Luke van der Merwe gaan die musiek maak.”

Meiring en die modeontwerper Heidi du Toit bied ook ’n vonkelwyn-damesoggend, Fashion Sonder Fuzz (Die Oprah van Opdress), aan. “Heidi is die grootbaas van Hollywood Costumes en ’n mode-ontwerper van formaat. Sy is ook die skepper van die bekende en gewilde Stoompomp-reeks. Ons gaan al die dames (en mans) wonderlike idees gee oor hoe om in die mode te wees en nie ’n sak vol geld te bestee nie,” sê Meiring.

Aanhangers van die sangeres Rina Hugo kan ook uitsien na haar gesinskonsert op die skip.

Hugo sê sy sien baie daarna uit om weer saam met haar gesin – haar man, die klavierspeler Johan, en haar seun, Riaan, ’n tromspeler – op te tree, “veral op hierdie kunsskippie van Frans Swart”.

“Ons geniet die gesinskonsert baie, want in hierdie konsert kan ons doen presies net waarvoor ons lief is en watter musiek vir ons lekker is om te maak.”

Besprekings kan gedoen word by 087 630 0333 of oppiwater.co.za. Vir meer inligting bel Monica by 011 815 3000 of stuur e-pos na oppiwater@rsg.co.za

Meer oor:  Lizz Meiring  |  Oppiwater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.