Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Oppiwater nou oppikoffie nadat dit wéér uitgestel is
Die Oppiwater-kunstefees sou vanjaar twee keer op die MSC ‘Orchestra’ plaasvind.

Nadat die Oppiwater Kunstefees vanjaar aanvanklik twee keer in ’n bioborrel gehou sou word, is dit uiteindelik na volgende jaar uitgestel.

Dit kom nadat MSC Cruises, wat die fees in samewerking met Lefra Produksies en RSG aanbied, hul huidige vaartseisoen gekanselleer het omdat die regering traag was om toestemming te gee.

Die fees van Kaapstad na Namibië sou van 21 tot 26 April duur en die fees van Durban na Mosambiek van 5 tot 9 April. Albei feeste sou op die MSC Orchestra plaasvind.

Frans Swart, bestuurshoof van Lefra Produksies, het in Januarie gesê die fees sou in ’n bioborrel plaasvind om gesondheidsmaatreëls na te kom. Elke passasier en bemanningslid sou ook vooraf vir Covid-19 getoets word.

Alle Suid-Afrikaanse vaarte van MSC Cruises is egter in die huidige seisoen afgelas.

MSC Cruises het reeds vanaf Maart 2020 in noue samewerking met die verskillende owerhede gewerk sodat sy omvattende gesondheids- en veiligheidsprotokol goedgekeur kon word.

In Desember het MSC Cruises ’n aanboordinspeksie van die skip se streng protokol aan die verskillende Suid-Afrikaanse owerhede gedemonstreer. Dit het die departement van vervoer, gesondheid, hawegesondheid, binnelandse sake en die maritieme veiligheidsowerheid ingesluit. Terwyl al die departemente met die protokol en prosesse tevrede was, het MSC Cruises steeds nie amptelike toestemming gekry om te vaar nie.

Swart sê hoewel dit ’n teleurstelling is, is dit die veiliger opsie.

“Toe dit verlede jaar met ’n jaar uitgestel is, het dit nog ver in die toekoms gelyk. Ek sou nooit kon dink dat dit weer nie sou kon plaasvind nie.”

Die feeste se nuwe datums is volgende jaar van 23 tot 28 Januarie (Kaapstad na Namibië) en 4 tot 8 April (Durban na Mosambiek).

Feesgangers wat vir hierdie vaarte bespreek het, sal outomaties oorgeplaas word na die nuwe datums sonder enige ekstra koste. Vir enige inligting kan MSC Cruises by 087 630 0333 of 011 815 3000 geskakel word. Alle inligting sal by oppiwater.co.za te sien wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.