Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Oppiwater vaar voort met plan teen virus

Die MSC Orchestra, waarop RSG en Lefra se Oppiwater Kunstefees in April gehou word, vaar reeds die afgelope ses maande in Suid-Afrikaanse waters. Daar was dus geen korona-blootstelling op die skip nie.

Frans Swart, van Lefra Produksies en feesdirekteur van Oppiwater, sê dat die fees van 5 tot 10 April 2020 beslis voortgaan soos beplan.

“Feesgangers wat reeds bespreek het of nog beplan om te bespreek, kan verseker wees dat MSC Cruises wêreldwyd alle moontlik maatreëls ingestel het om te verseker dat feesgangers nie aan die virus blootgestel word nie.”

  • Swart sê dat MSC Cruises die volgende prosedures reeds vanaf 24 Januarie 2020 toepas wanneer passasiers aan boord gaan: Elke passasier word met ’n termiese kamera getoets vir simptome soos koors (hoër as 38 °C), hoes, kouekoors of moeilike asemhaling. Diegene mag verder getoets word en mag ook toegang geweier word.) Elke passasier word ook getoets ná elke besoek aan wal tydens die vaart.) MSC het ’n beleid ten opsigte van streng sanitasie wat sedert 24 Januarie verder aangepas is.

Ontsmetting van alle openbare oppervlakke soos handrelings, hysbakknoppies, deurhandvatsels en ontvangstoonbanke is ook verskerp.

  • Passasiers word ook versoek om handontsmettingsmiddels (wat oral op die skip beskikbaar is) te gebruik. Niemand wat in die afgelope 14 dae voor hul vertrek van of na China, Hongkong, Macau of enige kwarantyngebied gereis het, sal toegelaat word nie.) Die MSC Orchestra het ’n mediese sentrum aan boord en alle personeel word gereeld getoets.

Vir enige vrae bel Monica by 011 815 3000.

Bespreek vir Oppiwater by www.oppiwater.co.za.

Meer oor:  Koronavirus  |  Oppiwater  |  Msc Orchestra
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.