Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Oppiwater moontlik weens Covid-19 uitgestel

Die Oppiwater Kunstefees, wat van 5 tot 10 April sou duur, gaan moontlik uitgestel word nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondag ’n ramptoestand in Suid-Afrika weens die Covid-19-virus aangekondig het.

Die MSC Orhcestra waarop die Oppiwater Kunstefees gehou word.

Volgens Charl Senekal van Lefra Produksies wat die fees aanbied, kyk die feesbestuur na ander datums.

Feesgangers hoef nie bekommerd te wees oor die geld wat hulle betaal het nie, sê Senekal.

Lefra Produksies bied die fees in samewerking met RSG en MSC Cruises aan.

Lefra sal Maandag meer besonderhede uitreik en feesgangers kontak wat reeds bespreek het.

Die fees sou op die MSC Orchestra plaasgevind het wat vanaf Kaapstad na Namibië sou reis, waar die feesgangers Lüderitz en Walvisbaai sou aandoen.

Meer oor:  Charl Senekal  |  Covid-19  |  Feeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.