Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Oprah, Beyoncé en Jay-Z kom na SA

Oprah Winfrey is die spesiale genooide spreker op die eerste Global Citizen Festival wat in Afrika gehou word. Die aanbieders wat saam met haar sal optree, is Beyoncé en Jay-Z. Ander bekendes wat ook te sien sal wees, is Gayle King, Bob Geldof, Tyler Perry, Forest Whitaker en die supermodel Naomi Campbell.

Oprah WinfreyFoto: WireImage

Beyoncé en Jay-Z het Maandag bevestig dat hulle na die geleentheid kom wat op Sondag 2 Desember in die FNB-stadion in Johannesburg gehou word. Toegang is gratis, maar kaartjies moet verdien word.

Volgens IOL en Times Live moet elkeen iets doen en punte sal dan toegeken word wat toegang tot die geleentheid bied. Aktiviste en musiekliefhebber word aangemoedig om nou reeds in te skakel by www.globalcitizen.org.za. Wat onder meer beoog word, is om druk te plaas op wêreldleiers om by te dra om armoede te verlig en standpunt in te neem teen geweld teen vroue en meisies.

Global Citizen is ’n internasionale organisasie wat hom beywer vir die verbetering van verskillende maatskaplike kwessies. Desember is die maand waarin Global Citizen se Mandela 100-veldtog in samewerking met House of Mandela afsluit. ’n Reeks internasionale geleenthede is reeds vanjaar in die jaar waarin Mandela 100 jaar oud sou word, gehou.

Jay-Z en Beyoncé op ’n geleentheid wat hulle saam bygewoon het.Foto: Getty Images

Die kunstenaars Cassper Nyovest, D’banj, Ed Sheeran, Eddie Vedder, Femi Kuti, Pharrell Williams en Chris Martin, Sho Madjozi, Tiwa Savage, Usher en Wizkid gaan ook optree.

Die Mandela 100-veldtog wil in ryk lande een miljard Amerikaanse dollar insamel om in die armste lande aan te wend en $500 miljoen om die omstandighede van 20 miljoen vroue en meisies te verbeter. Beleggings sal gebruik word om kos beskikbaar te stel, tropiese siektes te bekamp en die oordrag van MIV/vigs te bekamp. Daarby sal ook gekyk word na gesinsbeplanning en die verskaffing van skoon water en sanitasie wêreldwyd.

Verskeie wêreldleiers woon ook die geleentheid by, onder andere pres. Cyril Ramaphosa, Amina J. Mohammed (adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde nasies), Erna Solberg (eerste minister van Noorweë) en pres. Nana Akufo-Addo van Ghana.

Vir meer inligting besoek www.globalcitizen.org.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.