Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Oudtshoorn skud vere reg vir Klein Karoo Klassique

’n Galakonsert word vanjaar die eerste keer sedert 2015 op die Klein Karoo Klassique-musiekfees in Oudtshoorn aangebied.

Dié fees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn word vanjaar die 11de keer van 8 tot 11 Augustus gehou.

Lynelle KennedFoto: Verskaf

Hugo Theart, artistieke direkteur van die fees, sê in ’n verklaring Klein Karoo Klassique bied vir die eerste keer sedert 2015 ’n galakonsert aan.

Die konsert word gehou ter viering van Vrouedag met duette en trio’s uit operettes, musiekblyspele en operas, vertolk deur die Kaapse sopraan Minette du Toit-Pearce, Lynelle Kenned, die televisiepersoonlikheid wat deur Kunste Onbeperk met ’n Jong Stem-prys vereer is, en Janel Speelman, wat tot onlangs toe nog in Amerika gewoon en opgetree het.

Die jong pianis Qden Blaauw lui die uitvoering op 10 Augustus om 19:00 in.

Klassique begin op 8 Augustus om 18:30 met die vertoning La Femme! A Celebration of Music and Dance, met Tanya Diamond (dans en choreografie), Nina Fourie-Gouws (kitaar) en lede van die SoloFLAMENCO-dansstudio wat tradisionele Spaanse begeleiding bied.

Nog uitvoerings waarby vroue betrokke is, sluit in Trio du Cap Classique op 9 Augustus om 10:30, Violin Dialogue op 10 Augustus om 10:30 en Sublime String Quartets from Bohemia op 11 Augustus om 11:00.

Nege uitvoerings word op die fees aangebied danksy die ondersteuning van die Rupert-musiekstigting.

Die volledige feesprogram is by www.klassique.co.za beskikbaar. Rig navrae aan Kunste Onbeperk se kantoor by 044 203 8600, of stuur ’n e-pos na info@kunste.org.za.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Klein Karoo  |  Wyn  |  Klassieke Musiek  |  Kuns  |  Fees  |  Kos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.