Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Plet se kunstefees virtueel gehou

Plettenbergbaai se gewilde kunstefees, die Plett Arts Festival, sal vanjaar virtueel aangebied word.

Plett Tourism sê in ’n nuusbrief die kollig sal val op plaaslike kunstenaars.

Die fees word van 19 tot 30 Junie aangebied. Mense kan uitsien na jazz, opera, klassieke en gospel-musiek wat die meeste aande vanaf 19:00 uitgesaai sal word.

Daar is ook teateraanbiedinge, musiek- en kunsmeesterklasse en kurators van kunsgalerye wat hulle kleurryke wêreld sal vertoon.

Daar sal ook gefokus word op die werk van opkomende plaaslike rolprentmakers van die Ikasi Creative Film School, wat hulle kortrolprente sal vertoon.

Die fees sal regstreeks uitgesaai word op ’n private kanaal op YouTube en Zoom, en mense kan dit in die gemak van hulle huise “bywoon”.

Kaartjieverkope open binnekort. Vir meer inligting, klik hier. 

Meer oor:  Plettenbergbaai  |  Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.