Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Poësie, wyn en musiek op skip

Goeie wyn, poësie en Afrikaanse luisterliedjies is goeie pasmaats.

Dít is presies waarvoor passasiers op die MSC Orchestra hulle kan regmaak op die Oppiwater Kunstefees, wat van 5 tot 10 April plaasvind.

Johan Rademan.

Die RSG-omroeper Johan Rademan gaan gedigte voordra en Christo Snyman sluit met sy kitaar by hom aan om van die beste Afrikaanse luisterliedjies aan feesgangers te bied.

By die geleentheid is daar ’n gratis Van Loveren-wynproe, gelei deur Wynand Retief. Hy het in 1960 saam met sy broer, Nico sr., begin om Van Loveren-wyne te maak op dié landgoed in die Breederiviervallei naby Robertson.

Meer as 30 Afrikaanse teaterproduksies word op die Oppiwater Kunstefees aangebied terwyl die kunsskip van Kaapstad na Lüderitz en Walvisbaai vaar.

Om plek op die skip te bespreek, skakel 087 630 0333 of besoek oppiwater.co.za.

Passasiers wat reeds ’n kajuit bespreek het, kan dan kaartjies vir produksies by Compu­ticket by 0861 915 8000 of op computicket­.com bespreek.

Vir meer inligting, bel Monica Booysen by 011 815 3000 of stuur e-pos na admin@lefra.com.

’n Beeld-leser kan ’n kajuit vir twee op die MSC Orches­tra­ wen en die Oppiwater Kunstefees ervaar.

Om in te skryf, SMS Lefra Oppiwater Beeld met jou naam en van, as­ook dorp of stad, as verwysing na 33000. ’n SMS kos R1,50.

Die kompetisie sluit op 20 Maart.

Die prys sluit in:

  • ’n Binnekajuit vir twee mense wat deel;
  • Tot vyf etes per dag in die verskillende restaurante;
  • Gratis kaartjies na al die opvoerings wat die wenner wil sien;
  • Vervoer van die Kaapstad-lughawe na die hawe; en
  • Retoervliegkaartjies van die O.R. Tambo- na die Kaapstad-lughawe.
Meer oor:  Msc Orchestra  |  Poësie  |  Oppiwater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.