Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Produksies wissel van boelies tot humor
Schalk Bezuidenhout in Jersey Boy.

Indien jy dalk voorheen nie by hierdie toneelstukke kon uitkom nie, het jy tot Sondag kans om hulle te sien op die Nasionale Kunstefees in Grahamstad.

Hier is ’n paar van hulle:

Die aktrise Klara van Wyk slaan boelies vir ’n ses in haar solostuk You Suck and Other Inescapable Truths. Sy het dit drie jaar gelede in Engels geskryf en die Afrikaanse weergawe is vanjaar by die KKNK in Oudtshoorn opgevoer en vir ’n Kanna-teaterprys vir beste debuutwerk benoem.

In dié stuk, met Francesco Nassimbeni as regisseur, wei die tienerkarakter Pretina de Jager uit oor aktuele tienerkwessies soos boelies, groepsdruk, verwerping en afknouery.

Klara van Wyk in You Suck and Other Inescapable Truths.Foto: Natalie Gabriels

Sy het dit vir ’n jaar lank by 50 skole aangebied. Prof. Marné Pienaar van die Universiteit van Johannesburg (UJ) het die teks in Afrikaans vertaal.

* Vertonings in die Memory-saal is Donderdag, Vrydag en Saterdag om 19:30.

Van Wyk is ook in die toneelstuk La Chair de ma Chair (teks en regie deur Penny Youngleson) op die fees. Buhle Ngaba speel teenoor haar.

Soos wat mense die komediant Schalk Bezuidenhout ken, dra hy ook truie in sy konsert Jersey Boy.

Dit is die titel wat hy reken hom die beste opsom.

Ameera Patel in Black.

Hierin praat hy oor alles onder die son: vreemde vriendskapversoek op Facebook, sy grootwordjare en ’n skeut politiek.

’n Aanhanger het hom op ’n dag op die sosiale mediaplatform Instagram gekontak met die versoek om vir hom ’n trui te brei. Hy het ja gesê want Bezuidenhout kan nie self brei nie.

* Vertonings in die Bowling Club is Donderdag om 17:30 en 22:00.

* Bezuidenhout is ook Donderdag in Broken English te sien saam met die komediant Loyiso Madinga. Albei se loopbaan in komedie het in dieselfde jaar begin.

Die solostuk Black met Ameera Patel skets ’n sterk familiegeskiedenis. Die stuk met Jade Bowers as regisseur is gegrond op C.A. Davids se boek The Blacks of Cape Town en Patel staan in die skoene van die historikus Zara Black. Die titel verwys na die van Black. Penny Youngleson het die verwerking vir die verhoog behartig.

Zara is in ’n onbekende kamer in ’n land ver van haar eie. Sy word wakker van musiek wat herinneringe terugbring wat sy juis wil vergeet. In ’n brief van die Suid-Afrikaanse regering ontdek sy dokumente wat te kenne gee dat haar pa dekades gelede betrokke was by iets en gevolglik word daar in Zara se verlede gedelf.

Daar is ook haar oupa, Isaiah Black, wat van gemengde afkoms is, maar as wit aangesien is, en gevolglik bruin kinders en kleinkinders het.

* Vertonings in die St. Andrew’s-saal is Donderdag om 18:30, Vrydag om 18:00 en Saterdag om 12:00 en 18:00.

* Patel was ook die afgelope week tydens die fees in die toneelstuk Jungfrau, waarvan Bowers ook die regisseur was.

Meer oor:  Nasionale Kunstefees  |  Grahamstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.