Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Rieldanse vanjaar deel van #Onsefees by Taalmonument
Die Taalmonument in die Paarl.

Die eindronde van die ATKV se gewilde rieldanskompetisie word vanjaar op gelyke voet met ander kunsvorme as deel van die eerste #Onsefees by die Taalmonument in die Paarl aangebied.

Dit word van die komende Vrydag tot Sondag aangebied as die eerste geleentheid te viering van die ATKV se 90ste bestaansjaar volgende jaar.

“Ons het die fees in die eerste plek begin om ’n mooi platform te skep waarmee ons die jaar kan afsluit,” sê Morné van Staden, projekbestuurder by die ATKV.

“Ons het gereken dis tyd om die rieldans-eindronde op ’n gelyke platform met ander kunsvorme te bring.

“Dit word vanjaar vir die 14de keer aangebied. Die vorige 13 eindrondes is afsonderlik aangebied. Ons wil dit aan ’n groter gehoor bekend stel. Dis ’n mooi kuns en kultuurvorm van ons land met ’n groot erfenis.”

Nege spanne ding vanjaar mee – drie elk in die o.14-, o.20- en senior afdeling

Die fees begin Vrydag met die OnseTaal-gesprek. “Ons bring kultuurleiers bymekaar om positief te gesels oor Afrikaans en te vra: Hoe bind Afrikaans ons aan mekaar ondanks ons kulturele diversiteit?”

Karien Brits, bestuurder: AKTV-Taal en Michael Jonas, uitvoerende direkteur van die Taalmonument, is die gespreksleiers. Die paneel bestaan uit Anastasia de Vries, Danneline Ramsden, kapt. John Witbooi, Sonél Brits, Crispin Sonn en Bradley van Sitters.

Die gesprek begin om 14:00.

“Ons sluit die gesprek af met ’n kulturele showcase,” sê Van Staden.

“Enigiets van Griekwa-kore, ’n Nama-stap, volkspele, tot boereorkeste en rieldanse. Saterdag is die rieldans ook die groot fokuspunt. Die rieldanskampioene van verlede jaar tree in die musiekspel Vir die liefde van . . . op.”

Die drie kampioenspanne van verlede jaar tree ook in die verskeidenheidskonsert op waarmee die OnseTaal-gesprek afgesluit word.

Ander geleenthede op die program sluit in die eindronde van die ATKV Crescendo-sangkompetisie.

* Die ATKV-rieldanse se voorprogram met die Tribal Echo-band begin Saterdag om 15:10 en die amptelike verrigtinge om 16:00. Toegang tot die hele fees kos R50 tot R100. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Morné Van Staden  |  Karien Brits  |  Taalmonument  |  Atkv  |  Rieldans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.