Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Roets met 2 produksies Oppiwater

Dis nie meer lank voor vanjaar se Oppiwater Kunstefees op die skip van MSC Cruises wat van Kaapstad na Walvisbaai vaar nie.

Twee van die produksies op die MSC Orchestra waarna feesgangers kan uitsien, is die sanger Mathys Roets se konsert Cohen en Koos en sy konsert saam met Dana Snyman, Lag van die huil.

Mathys Roets is een van die kunstenaars wat vanjaar by die Oppiwater Kunstefees te sien is. Foto: Jané van Litsenborgh

“Dis my heel eerste keer op die Lefra-kunsskip en ek sien baie uit daarna,” sê Mathys. “Ek is nie seker hoe my rolstoel op die skip gaan vaar nie. Dalk rol ek heen en weer op die verhoog sonder dat ek dit so beplan het, maar dan vat ons dit maar soos dit kom.”

In die Cohen en Koos-konsert trakteer Mathys die gehoor met vertolkings van Leonard Cohen en Koos du Plessis se werk.

In Lag van die huil neem Mathys en Dana jou saam op ’n storiereis wat jou soms sal laat lag en soms verdrietig sal maak. Dis ’n produksie wat Mathys en Dana aanmekaargesit het nadat hulle besef het dat bepaalde liedjies en stories mekaar eenvoudig net aantrek. “Dit is asof ek en Dana die hele tyd in gesprek is met mekaar,” sê Mathys.

Dana sê hy het ’n storie om te vertel oor vroue wat van die platteland af wil wegloop.

Die Oppiwater Kunstefees vind van 5 tot 10 April plaas en daar is nog plekke op die skip oor. Besoek oppiwater.co.za.

Meer oor:  Kaapstad  |  Walvisbaai  |  Oppiwater Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.