Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Room van bedryf by fees

Dit is die eerste keer in jare dat letterlik almal wat iémand in Suid-Afrika is, vanjaar by Aardklop (24 tot 29 September) te sien gaan wees. Só sê Alexa Strachan, Aardklop se feesbestuurder, en sy vertel dat die room van ons bedryf volgende week in Potchefstroom gaan uithang, van aktrises soos Sandra Prinsloo, Antoinette Kellermann, Anna-Mart van der Merwe en Jana Cilliers tot akteurs soos Marius Weyers, Dawid Minnaar en Neels van Jaarsveld.

“Met meer as 80 verskillende produksies en items op die program, bied hierdie Aardklop letterlik iets vir almal. Van kinders, puriste wat van hogere kuns en drama hou, tot dié wat net op soek is na ’n lekker opskop op die feesterrein,” sê Alexa.

Dawid Minnaar en Jana Cilliers in Wilde-als.

Vanjaar se feesprogram bied soveel hoogtepunte, maar vertonings wat Alexa uitsonder, is byvoorbeeld Wilde-als met Dawid Minnaar en Jana Cilliers en waarvan Wessel Pretorius die regie gedoen het.

“Dit is die eerste keer in jare dat ons Jana weer op die verhoog gekry het en dis ’n groot oomblik vir Aardklop,” sê Alexa.

Die skrywer Marita van der Vyver se boek Die dinge van ’n kind is in ’n eenvrouvertoning verwerk waarin Cintaine Schutte ’n meesterlike vertoning lewer. Die traumas van grootword, swangerskap en selfmoord word geplaas teen die agtergrond van die ’70’s se politieke leuens, en die verminking van jong mans in die Grensoorlog.

Volgens Alexa is dié vertoning tydloos en pak dit belangrike kwessies aan.

Die toneelstuk Queenie-hulle is ’n roerende verhaal van ’n klomp bergies in die Kaap.Foto’s: Pieter Lombaard

Die toneelstuk Queenie-hulle is ook een van die produksies waarvoor ’n mens kaartjies moet kry.

Dit gaan oor ’n groep bergies vir wie die trappe van die Goeie Hoop-sentrum in Kaapstad al jare lank hulle enigste huis is, wat ’n brief van die stadsraad kry dat hulle die blyplek moet verlaat.

Met Louw Venter, Jill Levenberg, Brendon Daniels, Lynelle Kenned en Jaques de Silva. Die teks is deur Christo Davids en Lloyd Davids.

Toegang tot die feesterrein is R30 per persoon en daarvoor kan jy meer as 450 stalletjies besoek en toegang kry tot die kykNET-verhoog waar gewilde sangers daagliks optree. Sangers soos Jakkie Louw en Gert Koevert tree by die Ontprop-verhoog op.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.