Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Samel met ‘applous’ R500 000 vir kunstenaars in

As jy terugverlang na die dae toe jy in ’n stampvol teater vir kunstenaars kon hande klap, kan jy dit nou danksy ’n nuwe aanlyn inisiatief doen – en daarmee help om R500 000 vir hulle in te samel.

Van die boodskappe wat reeds by die Bank of Dreams ingedien is. Foto: arts.standardbank.co.za

Standard Bank het in samewerking met die Nasionale Kunstefees die Bank of Dreams gestig om kunstenaars wat vanjaar aan die fees se randfees, vFringe, deelgeneem het finansieel te steun.

Jan Publiek word genooi om inskrywings – enigiets van boodskappe tot foto’s – in dié “bank” te deponeer en daarmee hul hoed te lig vir kunstenaars wie se loopbaan sedert die begin van die Covid-19-pandemie erg deurgeloop het.

Luidens ’n mediaverklaring sal elke inskrywing wat aanlyn gemaak word, ’n klein bietjie geld tot ’n boerpot bydra. Nagenoeg 3 700 boodskappe – ’n syfer wat verwys na die 37 jaar wat Standard Bank en die Nasionale Kunstefees al saam ’n pad stap – sal ’n totaal van ’n halfmiljoen rand vir vFringe-kunstenaars ontsluit.

En hoe het dié kunstenaars nie die hulp nodig nie! Die Nasionale Kunstefees én die vFringe sou vanjaar grootliks in lewende lywe in Makhanda aangebied word, maar dit moes blitsvinnig aanlyn skuif nadat die vlak 4-inperking in Junie deur pres. Cyril Ramaphosa ingestel is.

Dit het talle kunstenaars se inkomste ’n lelike knou gegee; Standard Bank het juis daarom die Bank of Dreams as ’n reddingsboei vir dié kunstenaars begin.

Belangstellendes kan hulle na arts.standardbank.co.za wend en hul inskrywings daar indien. Talle ondersteuners het dit reeds gedoen en teen Vrydag is ’n raps meer as R50 000 al ingesamel.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.