Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Sandra in twee rolle by die Foxwoodfees

Die gewilde jaarlikse Foxwoodfees vind vanjaar van 16 tot 27 Oktober by Foxwood House in Houghton plaas en buiten vir die lewendige vertonings en produksies, is daar vanjaar ook die opsie om na virtuele uitsendings te kyk.

Die bekende aktrise Sandra Prinsloo is in twee produksies te sien. Een daarvan is die toneelstuk Nerina, wat oor die legende Nerina Ferreira se lewe gaan.

Ferreira was ’n onvergeetlike karakter wat die sosiale norme van haar tyd uitgedaag het. Sy het gereeld haar tydgenote geskok en ontstel.

Haar passie vir taal het vir haar toegang gegee tot wêreldliteratuur wat vir die meeste Suid-Afrikaners ontoeganklik was: Italiaans, Frans, Skandinawiese tale, Turks, Farsi, Engels, Duits, Nederlands – 13, 14, miskien meer.

Sandra Prinsloo tree in twee produksies op by vanjaar se Foxwoodfees wat van 16 tot 27 Oktober in Houghton plaasvind.

Sy het dikwels gespot dat sy tale geleer het om met haar talryke minnaars te kon kommunikeer, sommige van hulle in vlietende oomblikke van liefde oornag. Maar die waarheid was dat sy haar verset het teen die stereotipering van die ou nasionale konsep van vrou en moeder, voorbeeldig in diens van ander.

As aktrise het sy belangrike werk gelewer; as vertaler van die werke van Shakespeare tot Georges Feydeau en Astrid Lindgren het Ferreira haar lesers en gehore ’n nuwe, wye wêreld laat betree.

In Nerina vertel Prinsloo en Danie Stander (woordliefhebber en innoverende akademikus) hoe hulle Ferreira se werk beleef het.

Prinsloo is ook in die produksie Die wandelende Jood te sien.

Vir meer inligting oor die Foxwoodfees en al die ander produksies wat vanjaar daar opgevoer word, besoek hul Facebook-blad of bespreek kaartjies by Webtickets.

Meer oor:  Sandra Prinsloo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.