Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Stem vir jou gunstelingfees

Feesgangers kry nou ’n kans om vir een kategorie in die negende kykNET Fiësta-teaterpryse te stem, naamlik fees van die jaar.

Die kykNET Fiësta-teaterpryse word op 14 Februarie bekendgemaak.

Die benoemings van die Fiësta-teaterpryse is op 22 November bekendgemaak en die wenners word op 14 Februarie tydens die toekenningsgeleentheid in die Kunstekaap in Kaapstad aangekondig.

Die feeste wat vir dié prys in aanmerking kom, is die US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Vrystaat Kunstefees, Innibos en Aardklop.

Die Fiësta-paneel bestaan uit 10 lede en ’n sameroeper, wat bykans 230 debuutproduksies deur die jaar gesien het by die ses vervaardigende feeste.

Feeste wat vir hierdie toekenning kwalifiseer moet aan die volgende kriteria voldoen:

* Feeste moet ’n niewinsgewende organisasie wees waarvan die bestuur verantwoordbaar is aan ’n direksie, komitee of ’n raad van trustees.

* Slegs vervaardigende feeste wat die finansiële risiko neem om nuwe werk te skep kan benoem word in die kategorie vir fees van die jaar.

* Aanbiedings by hierdie feeste moet die meeste van die genres in die kunstebedryf verteenwoordig.

* Daar moet op ’n deurlopende basis ook gekyk word na die verskil wat feeste in die kunstebedryf en die omliggende gemeenskap maak.

Die publiek het tot 13 Januarie 2019 kans om op kykNET se webtuiste vir hul gunstelingfees te stem. Jy mag net een keer stem.

Meer oor:  Kyknet  |  Kknk  |  Aardklop  |  Innibos  |  Suidoosterfees  |  Vrystaat Kunstefees  |  Us Woordfees  |  Kunstekaap  |  Feeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.