Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Suidoosterfees-aanbiedinge vir Desember uitgestel tot 2021

Weens die huidige styging in Covid-19-gevalle in die Wes-Kaap word alle Suidoosterfees-aanbiedinge wat van Donderdag 3 tot Sondag 6 Desember aangebied sou word, uitgestel tot 2021.

Prof. Brian Figaji, voorsitter van die Suidoosterfees-direksie, sê dat die veiligheid van feesgangers, kunstenaars en tegnici die fees se grootste prioriteit is. “Die Suidoosterfees bly daartoe verbind om vir kunstenaars ’n platform te bied, en alternatiewe opsies word oorweeg. Die erns van die pandemie kan egter nie onderskat word nie, daarom het ons, ná gesprekke met verskeie rolspelers, besluit om uit te stel.”

Dan Plato, uitvoerende burgemeester van Kaapstad, ondersteun die besluit en wil inwoners en besoekers gerusstel dat aanbiedinge weer sal plaasvind sodra die risiko’s wat met die Covid-19-pandemie gepaard gaan, verminder.

“Ons is bewus van die enorme druk waaronder die kunstebedryf verkeer en bly daartoe verbind om saam met die Suidoosterfees aan te hou om grensverskuiwende werk binne die kunste-sektor te doen.”

Hou gerus die media en die Suidoosterfees se webwerf dop vir verwikkelinge.

Optredes wat uitgeskuif word na 2021, is die drie Lockdown Legato-konserte: All that rapp, Rock & Rumba en Classics Fantastics, die Suidoosterfees se Talentsoektog-uitdunne asook Sundowners in the park. Dié konserte sou van Donderdag 3 tot Sondag 6 Desember in Kaapstad se Kompanjiestuine plaasvind.

Die naweekprogram wat op Vrydag 4 en Saterdag 5 Desember by Welgemeend aangebied sou word, is ook uitgestel. Somerkersfees, Olga, die wandelende, Devonecia & Wilken en Piekniekkonsert met Emo Adams word daardeur geraak.

Feesgangers kan Computicket direk kontak vir terugbetaling van kaartjies.

Vir enige navrae, kontak die Suidoosterfees-kantoor deur e-pos te stuur na Francois.Abrahams@ media24.com.

Meer oor:  Suidoosterfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.