Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Suidoosterfees begin op Vryheidsdag

Die 14de Suidoosterfees begin Donderdag. Dié viering van Kaapse kuns en kultuur by die Kunstekaap-teater in die Moederstad duur tot Maandag.

Vanjaar se feestema is “Legendes” en verskeie musiek-, komedie en teaterproduksies is op die spyskaart.

“Ons glo daarin om legendariese kunstenaars saam met die nuwe geslag te laat optree en sodoende ’n gesonde wisselwerking en positiewe toekoms vir die kunste-landskap te kweek,” sê Niël Rademan, uitvoerende hoof van die Suidoosterfees.

Ons glo daarin om legendariese kunstenaars saam met die nuwe geslag te laat optree
Niël Rademan, uitvoerende hoof

Volgens hom belê die fees in jonger kunstenaars en kweek só nuwe gehore.

“Waar moontlik koppel ons vriende van die fees en donateurs direk aan sekere produksies om sodoende die bywoning en emosionele betrokkenheid by produksies te bevorder,” sê hy.

Hy is veral opgewonde oor Die vlammende fez, ’n kabaret oor die Kaaps-Maleise Afrikaanse kultuur soos gedokumenteer deur die digter I.D. du Plessis, sowel as Legendary Divas, ’n musiek-extravaganza met Amanda Strydom, Vicky Sampson en Gloria Bosman onder leiding van Janine Neethling.

Een van die debuutproduksies wat feesgangers volgens Rademan nie moet misloop nie, is die Legendes Klein Klassique met die Odeion-strykkwartet en die pianis Ilse Schumann. Een van die werke wat deur die groep uitgevoer gaan word, is die wêreldpremière van die Kommadagga-kwintet wat deur Shane Woodborne gekomponeer is ter nagedagtenis aan prof. Jakes Gerwel.

Nog ’n hoogtepunt op die feesprogram is die ATKV-koorgala met die wenkore van die Harmonie-koorkompetisie.

* Die vlammende Fez word op Saterdag 29 April om 10:00 en Sondag 30 April om 11:00 en 18:00 in die Kunstekaap-Kyknet teater opgevoer.

* Legendes Klein Klassique word op Sondag 30 April om 15:30 in die Kunstekaap se Fluweelkamer opgevoer.

* Die ATKV-koorgala vind op Sondag 30 April om 20:00 in die Kunstekaap-operahuis plaas.

* Legendary Divas word op Maandag 1 Mei om 14:00 in die Kunstekaap-operahuis opgevoer.

Die Odeion-strykkwartet saam met Ilse Schumann beloof om een van die Suidoosterfees se hoogtepunte te wees. Foto: Verskaf

Meer oor:  Kaapstad  |  Kunstekaap  |  Vryheidsdag  |  Begin  |  Op  |  Suidoosterfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.