Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Suidoosterfees: Laurika leer by jonges
Laurika Rauch tree Vrydagmiddag op die Suidoosterfees op.Foto: Verskaf

Laurika Rauch sê sy hou daarvan om saam met jonger kunstenaars soos Loki Rothman te werk, maar beskou haarself nie as ’n mentor nie.

“Die jonger kunstenaars weet baie meer as ek,” sê sy. “Die verskille én raakpunte interesseer my.”

Sy sê Rothman het dieselfde werketiek as sy.

Sy het by Rothman geleer as jy ’n mede-kunstenaar se oordeel vertrou, kan jy self maar ’n bietjie minder verantwoordelikheid vir alles aanvaar, sê sy. “Ons s’n is ’n samewerking in die volste sin van die woord,” sê sy.

Die immergewilde 67-jarige sangeres bly besig. Sy tree gereeld saam met Rothman op, asook saam met haar begeleier van die afgelope 20 jaar, Clinton Waring.

Rauch was dadelik opgewonde toe sy hoor dat sy op die Suidoosterfees saam met Camillo Lombard en nuwe, opkomende kunstenaars sal kan werk. Sy tree Vrydagaand op in die Kunstekaap se Operahuis in die opvoering Kunstreffers: Konsert van Hoop.

“Ek het al vantevore saam met Camillo gewerk en dis elke keer vir my ’n gebeurtenis. Ek is nie so vertroud met al die nuwe kunstenaars se werk nie, maar ek kan nie wag om hulle in aksie te sien en ook saam met die onderskeie pragtige dansgroepe en die Libertaskoor te kan werk en deel te wees van hierdie unieke geleentheid nie,” sê sy.

Ek weet nie hoe my lewe sou verloop het as ek nie op ’n jong ouderdom aan teater- en musiekproduksies blootgestel is nie.

Wat die Suidoosterfees vir Rauch uniek maak, is dat dit fokus op die Afrikaanse taal, maar met die inklusiwiteit van ander landstale.

“Wat vir my egter veral van waarde is, is dat ’n verdere doelwit van die fees ook is om ’n program saam te stel wat bekostigbaar en toeganklik is vir mense wat nie gewoonlik teater toe gaan nie,” sê Rauch.

“Ek weet nie hoe my lewe sou verloop het as ek nie op ’n jong ouderdom aan teater- en musiekproduksies blootgestel is nie. Ek gun almal dit om hierdie geleentheid ook van ’n jong ouderdom af te hê.”

Rauch beskou dit as ’n kompliment dat haar liedjies al soveel kere deur verskillende kunstenaars opgeneem is.

Sy luister deesdae na die Coffee Snobs se nuutste album, Lig. Sy luister ook “ná al die jare” weer na die versamelde werke van Jacques Brel.

Kaartjies vir Kunstreffers: Konsert van Hoop kan aanlyn gekoop word. Die konsert begin Vrydag 15:00 in die Kunstekaap-teater.

Die volgende kunstenaars is daarin te sien: Laurika Rauch, Robin Peters, Janel Speelman, The Unknown Dance Crew, Vusumuzi Mpofu, Anja van den Berg, Xolane Marman en die Libertaskoor o.l.v. Johan de Villiers, die Unmute-dansgeselskap, Jazzart, Cape Town City Ballet en Dizu Plaatjies. Musiekregie: Camillo Lombard.

Meer oor:  Suidoosterfees  |  Laurika Rauch  |  Musiek  |  Kunstenaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.