Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Tjello en orrel vir feeskonsert in Bloem
Jan Beukes

Die uitvoering Cello and Organ Moods wat aanstaande maand as deel van die kunstefees aangebied word, is net dit wat die titel sê: ’n Program met kort gewilde werke wat jou op ’n meditatiewe reis neem.

’n Mens sal nooit só ’n program in ’n ernstige musiekkonsert kry nie, maar dit is ideaal vir ’n gemoedelike feesgehoor, sê Anmari van der Westhuizen, die Bloemfonteinse tjellis, wat saam met Jan Beukes op die Vrystaat Kunstefees optree.

Beukes is benewens orrelis ook die hoof van die Odeion Skool vir Musiek (OSM) aan die Universiteit van die Vrystaat.

Anmari van der Westhuizen

“ ’n Mens hoor selde tjello en orrel saam, maar as jy in ag neem dat die tjello bestempel word as die instrument wat die naaste aan die mens se stem klink, is dit ’n geslaagde samevoeging.”

Van die “luistermusiek” wat hulle sal speel, is Tsjaikofski se Nokturne, Jacqueline’s Tears deur Offenbach, Spiegel im Spiegel deur die Estlandse komponis Arvo Pärt en Gebed van Bloch.

Die duo sal begin met Barokwerke van Bach, Frescobaldi en Vivaldi en oorgaan na die romantiese wat musiek van onder andere Saint-Saëns en Josef Rheinberger insluit.

Van der Westhuizen is ’n lid van die Odeion-strykkwartet wat gehoor kan word op Pure Coenie, Coenie de Villiers se nuutste album.
* 10 Julie om 15:00, 11 Julie om 16:30 in die Kunstetrust-Odeion. R130 by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.