Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Twee dae van kuns en kultuur
Laurika Rauch

ie vierde Festival voor het Afrikaans word op 22 en 23 September in Amsterdam, Nederland, aangebied.

Die fees het ten doel om die kuns en kultuur van Afrikaans bekend te stel aan mense van Nederland en België en kreatiewe wisselwerking aan te moedig. Musiek, toneel, die rolprentkuns en letterkunde staan gewoonlik sterk op die tweedaagse fees.

Optredes van onder meer die sangers Laurika Rauch, Gert Vlok Nel, Sandra Prinsloo, die digter Antjie Krog, die musiekprojek Die Wasgoedlyn en Zelda la Grange, wat vir twee dekades die assistent van oudpres. Nelson Mandela was, maak deel uit van vanjaar se program.

Die Wasgoedlyn bestaan onder meer uit Churchil Naudé, Riku Lätti en Jolyn Phillips en is ’n groep van liedjieskrywers, rappers, skrywers en digters uit onder meer die townships. Hulle sluit aan by musikante van Nederland en België wat op min of meer dieselfde manier te werk gaan soos Pelt, Klaas Delrue, Hannelore Bedert en Stefan Dixon.

Antjie Krog

Onlangse vollengte Suid-Afrikaanse rolprente en dokumentêre prente is ook te sien.

’n Debat oor meertaligheid in Suid-Afrika, Nederland en België asook ’n gesprek oor beeldende kuns is ook op die program sowel as ’n gesellige braai gereël deur die Nederlandse Taalunie. Saterdag word tradisionele Durbanse kerrie verskaf asook ’n mark wat tipiese Suid-Afrikaanse produkte verkoop. Die Suid-Afrikaanse afslaer Strauss & Co is ook teenwoordig by die fees.

Die volledige program word op 2 Julie op www.festivalvoorhetafrikaans.nl bekend gemaak en besprekings open ook dan. Die fees word ondersteun deur Naspers, Showmax, die Week van de Afrikaanse Roman, Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland, Het Volksoperahuis, Het Jan Marais Nationale Fonds, die Dagbreek Trust, Van Ewijk Stichting, L.W. Hiemstra-trust, die Afrikaanse Taalraad, Vlaams-Zuid-Afrikaanse Cultuurstichting, Nederlandse Taalunie en het Algemeen Nederlands Verbond.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.