Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Twee Vrystaatse feeste uitgestel

Die Vrystaat Kunstefees en Vrystaat Klank en Klassique sal moontlik eers later vanjaar aangebied word.

Die klassiekemusiek-fees sou van 1 tot 3 Mei in Bloemfontein aangebied word en die kunstefees van 29 Junie tot 5 Julie.

Luidens ’n verklaring deur De Villiers Brink, die fees se voorsitter, het die Vrystaat Kunstefees se sleutelvennoot, die Universiteit van die Vrystaat (UV), ’n verbod op internasionale reise vir personeel en studente tot 30 Junie geplaas.

“Die kunstefeesraad het ná deeglike oorlegpleging besluit om, in soverre dit moontlik is, die twee feeste na later vanjaar te skuif.

“Die datums sal eers bevestig kan word wanneer sekerheid oor die nasionale gesondheidsplan en beskikbaarheid van die kampusgeriewe bekend is. Ons is egter in ’n bevoorregte posisie dat ons tyd het om nuwe planne te maak en by die uitwerking van die Covid-19-uitbreking in die volgende maande aan te pas,” lui die verklaring.

“Dit is te verstane dat die uitstel van die feeste ’n teleurstelling is, maar ons is genoodsaak om verantwoordelik op te tree teenoor die gemeenskap en ten opsigte van die pandemie-beperkings.

“Dit is ons voorneme om net sulke goeie feeste in ’n nuwe tydgleuf aan te bied en nooi julle om later die klassieke musiekfees en die kunstefees mee te maak.”

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.