Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Tyd loop uit om vir Oppiwater te bespreek
Die Oppiwater-kunstefees is vir ’n Fiësta as gewildste Afrikaanse kunstefees in die land benoem.

Dit is nou die laaste kans om te bespreek vir Lefra Produksies en RSG se sesde Oppiwater Kunstefees wat vanjaar van 15 tot 19 April op die MSC Musica-skip aangebied word. Tyd en plek raak min!

Meer as 50 vertonings kan op dié bootreis gesien word.

Die boot vaar van Durban na Mosambiek. Dit is die enigste kunstefees in die wêreld wat op ’n plesierboot aangebied word.

Dit word vanjaar op die nuwe en groter MSC Musica aangebied. Die plesierboot is baie groter as vorige skepe wat voorheen in Suid-Afrika gebruik is. Dit het ook baie meer balkonkajuite beskikbaar.

“Vir die Oppiwater Kunstefees is die teater natuurlik een van ons belangrikste venues en ons is vreeslik opgewonde, want die Teatro la Scala (op dié skip) kan meer as 1 000 mense huisves,” sê Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies wat die fees aanbied.

“Benewens die teater, gebruik ons nog 4 ander venues - so feesgangers kan uitsien na ’n lekker vol en besige fees! Die restaurante en veral die buffet is baie groter,” sê Swart.

Die bekende RSG-omroepers, Amore Bekker, Johan Rademan, Derrich Gardner en Sue Pyler gaan ook saam.

Om te bespreek, skakel 0860 11 44 11. “Wees maar net geduldig, want MSC se inbelsentrum is werklik baie besig,” sê Swart. Dit is makliker om aanlyn te bespreek by www.oppiwater.co.za. Vir enige navrae, skakel Monica by (011) 815 3000 of e-pos aan oppiwater@rsg.co.za. Vorige jare se Oppiwater Kunstefeeste het uitverkoop.

Daar is vanjaar ook trein/vliegtuig-pakette beskikbaar.

Meer oor:  Oppiwater Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.