Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
UJ neem 9 produksies na Grahamstad
Zak Hendrikz en Liezl de Kock in African Gothic.

Die teaterskepper Alby Michaels bied vanjaar nege produksies by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad aan. Dit sluit in ’n klassieke teks deur Reza de Wet, musiek en ’n visuele uitstalling.

Michaels, regisseur aan die Universiteit van Johannesburg (UJ), bied dit aan onder die vaandel van UJ se departement van kuns en kultuur en ’n afdeling van die fakulteit kunsontwerp en argitektuur.

“Dit is die een fees in Suid-Afrika waar die hele spektrum van kulturele skeppendheid aangebied word. Dit is so veelsydig.”

Dit is waarom Michaels onder die UJ-vaandel ook uiteenlopende werk na Grahamstad bring.

Maude Sandham in Tracks. Foto: Carl Ballot

African Gothic deur Reza de Wet (in Afrikaans Diepe Grond) word opgevoer nadat dit in Oktober ’n kort speelvak in die Con Cowan-teater op UJ se Buntingweg-kampus gehad het waar gehore terugvoer kon gee.

Dié soms onthutsende verhaal speel op ’n afgeleë Vrystaatse plaas af en die problematiese verhouding tussen ’n broer en suster word uitgebeeld.

Dus word die fyner geslypte weergawe nou in Grahamstad op die hoofprogram aangebied waarna dit op 18 Julie in die Fringe in die Joburgteater in Braamfontein op die planke sal wees.

Dit word van 6 tot 8 Julie in Grahamstad opgevoer met Zak Hendrikz, Liezl de Kock, Mpho Osei-Tutu en Olive Strachan in die rolverdeling.

Staged bestaan uit vier produksies.

Alby Michaels

“Dit spruit uit die jaarlikse UJ Can You? wat op studente gerig is. Oudisies word op al die kampusse gehou en die top-21 word gekies.”

Staged is ook op die hoofprogram ingesluit en word ondersteun deur die hoëkommissariaat van Kanada.

Dit bestaan uit A City, ’n toneelstuk wat nou vir die eerste keer in Suid-Afrika opgevoer word, maar al voorheen in Kanada op die planke was. Michaels vertolk ook een van die rolle hierin.

At the Edge of the Light is ’n baie donker stuk vol magiese realisme, baie in die styl van De Wet.

Tracks deur en met Maude Sandham, waarin sy haar familiegeskiedenis vertel, en The Incident is die ander twee produksies wat Staged vorm.

The Incident is ’n samewerking tussen Zimbabwe, Swede en Suid-Afrika.

Michaels is ook die kurator van die produksie If I Loved You wat die visuele kuns en musiek saamsnoer.

Die pianis Christopher Duigan.

Dit is ’n samewerking tussen prof. Federico Freschi, dekaan van UJ se fakulteit kunsontwerp en argitektuur, en die Steinway-pianis Christopher Duigan en die saxofoonspeler David Salleras. Dit sluit in musiek uit musiekspele soos Camelot en Carousel asook Spaanse liedere.

Hulle bied ook nog ’n musiekproduksie, Indigo, aan.

Al Staged se produksies word van 2 tot 5 Julie in die Rehearsal Room aangebied.

Choir Boy deur Tarell Alvin McCraney en regie deur Namatshego Khutsoane word deur Renos Spanoudes en Lebohange Motaung opgevoer. Dit vertel dié verhaal van ’n seun wat niks meer wil hê as om sy regmatige plek as koorleier van die skool in te neem nie. Dit word van 4 tot 7 Julie in die Victoria-teater aangebied.

Mpho Osei-Tutu in A City.

Shifting Conversations is ’n visuele uitstalling wat in die Grahamstad-galery aangebied word. Dit word deur die UJ-kunsgalery en die MTN-stigting aangebied en handel oor metamorfose en bestaan uit skilderye, beeldhouwerke en installasies. Rondleidings word van Vrydag tot 5 Julie gehou.

* Besoek die volledige feesprogram by nationalartsfestival.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Grahamstad  |  Nasionale Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.