Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Van Coke ingenome oor Oppi se nuwe datum
Francois van CokeFoto: André Badenhorst
Francois van Coke Foto: Christie Allister
Oppikoppi het Dinsdag aangekondig dat sy tema vir vanjaar se musiekfees “Me now, the mango picker” is.

“Ek dink nie Oppikoppi was verlede jaar baie suksesvol nie, en ek dink hierdie sal nuwe vuur in die fees in blaas,” sê die sanger Francois van Coke oor die musiekfees se planne om vanjaar met die Rocking the Daisies-fees kragte saam te span.

Oppikoppi word reeds vir 23 jaar in Augustus gehou, maar vanjaar word dit na 5 tot 7 Oktober geskuif om saam te val met Rocking the Daisies, wat by die Cloof-wynlandgoed tussen Malmesbury en Darling in die Wes-Kaap gehou word.

Die organiseerders wil so sorg dat gekose internasionale kunstenaars op een slag na Suid-Afrika toe kom en by albei feeste kan optree, en dit beteken Oppikoppi val dan buite die Europese somerseisoen, waarvoor groot name – plaaslik en internasionaal – reeds bespreek is.

Van Coke meen aanhangers hoef hul nie te bekommer dat dié samewerking die atmosfeer van die fees in Northam in Limpopo in die bosveld sal verander nie.

“Ek besoek en tree al vir 13 jaar by Oppikoppi op, en ek het gesien hoe die fees groei en ontwikkel.”

Hy sê Oppikoppi is ’n magiese plek en dat die fees vir altyd sy unieke atmosfeer sal behou solank dit op die plaas in Northam gehou word.

Misha Loots, direkteur van die fees, sê hulle werk saam met Rocking the Daisies omdat dit sin maak.

“Die datums werk beter en ons kan aanbiedinge maak aan buitelandse kunstenaars wat dan by albei feeste in Suid-Afrika kan kom optree. Elke span kan op hul eie feeste fokus sonder kommer om ekstra vertonings in ander stede te reël.”

Nog ’n sanger, Albert Frost, sê die enigste manier vir die musiekbedryf om te oorleef, is om saam te werk. “So ek dink dit is briljant!”

Loots het bevestig dat feesgangers vanjaar internasionale kunstenaars op Oppikoppi se verhoë kan verwag. Hy wou egter nog niks oor die name laat val nie.

Van Coke meen dit is goed om internasionale kunstenaars by dié fees te hê.

“Dit is goed om Suid-Afrikaanse aanhangers op te voed oor wat internasionaal gebeur. Dit is ook goed om plaaslike kunstenaars aan professionele produksies en vertonings bloot te stel, sodat ons konstant kan verbeter,” sê hy.

Green Day en Queens of the Stone Age is twee internasionale kunstenaars wat Van Coke graag vanjaar by Oppikoppi wil sien.

“Oor die jare het Oppikoppi ’n maatstaf vir Suid-Afrikaanse feeste geword, ook op die internasionale kalender. Die 2016-fees het dit duidelik gemaak dat ons buite die Europese somerkalender moet werk as ons ’n langtermynfees soek met sterk en relevante Suid-Afrikaanse én internasionale kunstenaars.”

Die fees se jaarlikse temakuns is ook Dinsdag bekend gestel, en is deur Banele Khoza, ’n kunstenaar van Pretoria, geskep. Hy is ’n dosent aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie waar hy klasgee in tekenkuns en kunsgeskiedenis.

* ’n Herrie het verlede jaar op sosiale media losgebars omdat die organiseerders van die fees die kunstenaars nie betyds betaal het nie.

David Scott van The Kiffness het verskeie kere sy gevoelens oor Hilltop Live op Facebook laat hoor. Hy het onder meer geskryf: “As Oppikoppi my voor Kersfees betaal, sal ek die helfte van die geld aan die DBV skenk.”

Carel Hoffman, wat baie jare lank al die fees organiseer, het vroeër gesê talle musiekfeeste in Suid-Afrika sukkel om geld te maak omdat die wisselkoers, veral teenoor die dollar, so swak is.

“Ons moes ons planne om Ramfest te hou, laat vaar weens die afdanking van Nhlanhla Nene, minister van finansies.”

Die organiseerders sê 2017 se kunstenaars sal binnekort aangekondig word.

Meer oor:  Francois Van Coke  |  Fees  |  Oppikoppi  |  Rocking The Daisies  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.