Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
VS-Kunstefees: Kom loer in by die Netwerk24-feeskafee!

As jy vanjaar die koue van die Vrystaat gaan trotseer en ’n draai by die Vrystaat Kunstefees gaan maak, moenie vergeet om by die Netwerk24-feeskafee in te loer nie.

Wat is alles in dié kafee?

Kom koop Volksblad elke oggend vir R10 en kry ’n gratis koppie koffie. Ons verkoop ook tydskrifte teen spesiale pryse.

Kom loer ook na Sarie se handgemaakte produkte soos speelgoed, leerhandsakke en papierplekmatjies in ons geskenkwinkel.

Kamptoerusting van Weg! is te koop en Dok Faffa van Landbouweekblad se boek oor wat kleinveeboere van beeste moet weet, sal ook beskikbaar wees.

Waar is die kafee?

Die Netwerk24-feeskafee is langs die Callie Human-sentrum op die kampus.

Onthou om op Netwerk24 in te teken!

Netwerk24 het vanjaar op die Vrystaat Kunstefees ’n spesiale aanbod. As jy op die fees vir R99 per maand inteken, kry jy ’n lekker boeksak, drie resepteboeke, ’n Weg!-DVD en ’n R100-geskenkbewys om in die Netwerk24-feeskafee te spandeer.

Lees die feeskoerant ook op Netwerk24!

As jy egter nie vanjaar in die vlees die fees kan meemaak nie, beteken dit nie jy kan nie in die gees saam feesvier nie.

Netwerk24-lesers kan vanjaar vir die eerste keer die Vrystaat Kunstefees se feeskoerant, Stronk, ook aanlyn lees.

Die eerste feeskoerant verskyn Dinsdag en sal reeds vroegoggend op Netwerk24 beskikbaar wees. Kry al jou feesnuus op Netwerk24 – alles van onderhoude met jou gunstelingsangers tot resensies van baanbrekertoneelstukke.

Wat gebeur alles in die Netwerk24-feeskafee?

1. Gespreksreeks

’n Aktuele gespreksreeks word elke dag om 10:30 in die feeskafee aangebied. Toegang is gratis.

Temas wissel van asielsoekers in Europa en ’n reis van Nederlands na Afrikaans.

Die politieke verslaggewer Jan-Jan Joubert se boek Wie gaan in 2019 regeer? word ook op Vrydag 13 Julie om 10:30 in die feeskafee bekend gestel.

2. Kosdemonstrasies om 13:00

VIA se televisiesjef, Marinda Engelbrecht, gaan op 11, 12 en 14 Julie kosdemonstrasies in die Netwerk24-feeskafee lewer. Toegang is gratis.

  • Woensdag (11 Julie): Kom proe saam sop!
  • Donderdag (12 Julie): Maklike hoofgeregte
  • Saterdag (14 Julie): Vinnige nageregte

3. Sake & Sauvignon-diskoersreeks om 16:00

Netwerk24 se sakeredakteur, Hanlie Stadler, bied van 11 tot 13 Julie die Sake & Sauvignon-diskoersreeks in die Netwerk24-feeskafee aan. Toegang is gratis, maar as jy ’n Netwerk24-intekenaar is, kry jy ’n gratis glas wyn om tydens die gesprek te geniet!

  • Woensdag, 11 Julie

Tema? Residensiële eiendom: Is dit ’n belegging?

Baie mense bly maar skrikkerig vir aandele en wil eerder eiendom koop om te verhuur as hul eerste keuse vir ’n belegging en ekstra inkomste.

Wie? Libo van Aswegen, ’n direkteur: eiendom van die regsfirma Phatshoane Henney in Bloemfontein, en Hanlie Stadler, sakeredakteur van Netwerk24, kyk na die voor- en nadele van eiendom as ’n bateklas.

  • Donderdag, 12 Julie

Tema? Aftrede: Hoe bestuur jy jou geld ná aftrede?

Die kalf is in die put – jy is naby aftrede of het reeds afgetree en nou moet die geld wat jy het, hou. Wat is die moets en moenies van beleggings en finansiële besluite ná aftrede?

Wie? Rocco Carr, bestuurder van sake-ontwikkeling by Glacier van Sanlam in Bloemfontein, en Hanlie Stadler, sakeredakteur van Netwerk24, gee belangrike wenke. Mense vóór en ná aftrede sal daaruit iets wys kan word.

  • Vrydag, 13 Julie

Tema? Entrepreneurskap: Hoe word jy jou eie baas?

Niemand kan meer uit skool of universiteit in ’n werk instap en daar bly tot aftrede nie. En buitendien, wil jy regtig 40 jaar lank vir ’n baas werk?

Wie? Johan Eksteen, stigter van die onderneming Agricon en die 2016-wenner van Sanlam en Business Partners se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, gesels met Vida Booysen, Netwerk24 se sakeverslaggewer in Bloemfontein, oor die lesse wat hy geleer het. Die gesprek sluit ’n magdom wenke vir voornemende entrepreneurs in.

4. Komedie-aande om 19:00

Komediante soos Schalk Bezuidenhout, Melt Sieberhagen, Hannes Brümmer en Shimmy Isaacs sal 12, 13 en 14 Julie in die Netwerk24-feeskafee optree. Die vertoning begin om 19:00. Elke aand se vertoning is anders. Kaartjies is op Computicket te koop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.