Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Walvisfees: Nee vir byeenkoms oor rassisme

Die Overstrand-munisipaliteit in die Wes-Kaap het die Land Party se versoek om ’n bewusmakingsbyeenkoms te hou by die Walvisfees in Hermanus, afgekeur.

Die fees vind van 27 tot 29 September plaas.

Die munisipaliteit sê in ’n verklaring die Land Party het in sy aansoek gesê minstens 500 mense word vir Vrydag se beplande byeenkoms verwag.

Sowat 50 beamptes is nodig om die groep te beheer.

Die saak is Woensdag op ’n vergadering by die polisiekantoor in Hermanus bespreek.

“Die organiseerders is in kennis gestel dat hulle by ’n geskikte landdros mag aansoek doen om die verbod tersyde te stel. Alternatiewelik, om ’n ander datum vir die beplande byeenkoms vas te stel om bewustheid oor rassisme te skep,” lui die verklaring.

Die byeenkoms is om die volgende redes afgekeur:

  • Die voorgestelde byeenkoms sal voertuig- en/of voetgangersverkeer ernstig ontwrig.
  • Die risiko dat deelnemers of ander mense tydens die byeenkoms beseer kan word.
  • Die risiko vir skade aan eiendom omdat konflik ’n groot risiko is wanneer rassisme ter sprake is.
  • Die polisie- en verkeersdiens sal nie die voorgestelde byeenkoms kan beheer nie, want hulle het nie genoeg hulpbronne te midde van die talle gebeure wat die naweek vir Hermanus geskeduleer is nie.
Meer oor:  Land Party  |  Walvisfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.