Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Wen kaartjies na kunstevaart

RSG en Lefra Produksies se gewilde Oppiwater Kunstefees word van 5 tot 10 April vir die sewende jaar aangebied.

Vanjaar vaar die luukse MSC Orchestra van Kaapstad na Lüderitz in Namibië met meer as 30 voorste Afrikaanse produksies op een kunsskip. Dit is ook die eerste keer dat die nuwer en luukser MSC Orchestra in Suid-Afrikaanse waters vaar.

Vir die volle feesprogram, besoek oppiwater.­co.za.

Feesgangers kan hul kajuit­ bespreek deur MSC te bel by 087 630 0333 of 086 999 0505 of op oppiwater.­co.za. Sodra feesgangers die kajuit bespreek het, kan hulle teaterkaartjies by Computicket teen lae, gesubsidieerde pryse bespreek.

’n Gelukkige Beeld-leser het ’n kans om ’n kajuit vir twee mense op die Oppiwater Kunstefees te wen.

Só wen jy:

Om in aanmerking te kom vir die prys, SMS Lefra Oppiwater Beeld met jou naam en van, as­ook dorp of stad as verwysings na 33000. ’n SMS kos R1,50. Die kompetisie sluit op 20 Maart.

Die wenner word op Maandag 30 Maart getrek en word op 31 Maart in Beeld aangekondig.

Die pryse sluit in:

  • ’n Binnekajuit vir twee mense wat deel;
  • Tot vyf etes per dag in die verskillende restaurante;
  • Gratis kaartjies na al die opvoerings wat die wenner wil sien;
  • Vervoer van die Kaapstad-lughawe na die Kaapstad-hawe; en
  • Retoervliegkaartjies van die O.R. Tambo- na die Kaapstad-lughawe.

Vir meer inligting, skakel 011 815 3000 of stuur e-pos na admin@lefra. com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.