Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Feeste
Wen vlugte, verblyf en toegang vir Woordfees

In die Beeld-Woordfees-kompetisie kan jy alles wen om ’n besoek aan die fees vir jou en ’n metgesel moontlik te maak.

Die fees word vanjaar vir die 20ste keer in Stellenbosch gehou en daar is ’n magdom aanbiedings.

Op enige gegewe feesdag kan jy luister na ’n groot politieke debat, by ’n jazzkonsert ontspan, ’n kookklas bywoon, ’n uitvoering van klassieke musiek geniet, topwyne proe, lag vir komediante, jou hart skud met ’n teaterstuk, ’n bekroonde fliek gaan kyk, na ’n bekende skrywer gaan luister, boeke koop en deur ’n kunsuitstalling geïnspireer word.

Die Woordfees-pakket wat een gelukkige leser kan losslaan, is ’n allemintige R20 000 werd en sluit in:

  • Twee Kulula-retoerkaartjies (Johannesburg-Kaapstad);
  • Bed-en-ontbyt-verblyf by die Zarose-gastehuis in Stellenbosch vir drie nagte;
  • Tien dubbel-Woordfees-kaartjies vir aanbiedings van die wenner se keuse; en
  • R3 000 sakgeld van Beeld.

Om te wen:

Deel jou ideale volgepakte dagprogram op Facebook of Instagram. “Tag” die Woordfees en gebruik #Woordfees2019.

Die vindingrykste inskrywing wen.

Die volledige 2019-Woordfees-program is op woordfees.co.za beskikbaar. Die feesgids kan gratis gekry word in uitgesoekte Exclusive Books-takke.

Die Woordfees vind van 1 tot 10 Maart plaas.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 18 Januarie. Die wenner sal op 24 Januarie in Beeld en op alle Woordfees-platforms aangekondig word.

Meer oor:  Woordfees  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.